Het jy gehoor? / Have you heard? - Nov2016 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 22 November 2016 15:21
Untitled Document


Internasionale ‘Bluegrass’ kitaarspeler, David Grier van Nashville, USA, tree op 18 November by Boskazi in Bashewa op met inleidende kunstenaars Wiam Otto, Percy’s Perseverance en Georgetown. David is drie keer as die beste kitaarspeler van die jaar gekies, hy was ‘Acoustic Guitar Magazine’ se kunstenaar van die dekade en het op vier albums, wat Grammy-toekennings gewen het, gespeel. Toegang is R100. Die hekke open om 6.30 nm. Neem jou eie drankies, eetgoed, stoel, slaapsak of tent. Bel Francois by 076-222-6661 of Wiam by 082-371-2107 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~

Swawel Vet Dierekliniek hou op 26 November ’n inentingsdag vanaf 9 vm tot voorraad uitverkoop is. Daar is ’n gratis hondsdolheidinenting met alle ander inentings. Swawel Vet is in winkel A7, Eastridge-sentrum op die hoek van die Boschkop-pad en Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 012-941-9200 of 082-213-5920.

~*~


Koning Kallie se Kersfees Kaskenades word op 3 Desember om 10 vm by Mem’re opgevoer. Toegang is R60 vir die kleinspan en R70 vir die grootspan. Bespreek by Sue: 076-250-9588 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Mem’re is in Oaklaan 140, Cullinan. Mem’re bied ook ‘n Glinsteraandmark aan op 9 Desember van 5 nm tot 9 nm. Toegang is R10 en kinders onder 10 jaar kan gratis ingaan. Daar gaan kuns, kunsvlyt en goeie vermaak wees.

~*~

Die Tierpoortse Perdeplaas bied van 13 tot 15 Desember ‘n 100 km uithourit aan. Dit kos R780 om in te skryf vir dié rit wat oor drie dae gehou word. Perde kan vir die rit gehuur word. Die Perdeplaas is op plot 248, Tierpoort. Skakel 072-239-0880 of 079-341-1113.

~*~


‘Poppemeester – ’n Huldeblyk aan Ingrid Jonker’ is ’n multi-media aanbieding oor die werk en lewe van digter Ingrid Jonker wat op Vrydagaand 25 November om 8 nm by Asbosteater aangebied word. ATKV Crescendo-wenner, Lizanne Barnard, gebruik argief klanksnitte waarin ’n mens Ingrid self hoor praat. Toonsettings van haar gedigte en ander musiek word kunstig verweef met vertellinge en visuele effekte. Kaartjies kos R140. Asbosteater is by Karoo Kafee op die hoek van Albethstraat en Lynnwoodweg, Die Wilgers. Bel Marica: 082-564-0999.

~*~


Die Windpomp Kersmark word op 26 November en 17 Desember by Broodblik en Koffiepit op die R51 tussen Petit en Bapsfontein gehou. Gewone Windpomp handwerk-markte is elke laaste Saterdag van die maand van 8 vm tot 2 nm. Bel Adele by 083-445-1608.

~*~


Zebra Lodge vier Mo-vember met ’n Mo-se Lekker Mark op 26 November vanaf 9 vm. Dié pretdag bied kos- en handwerkkraampies, opvoerings en vermaak vir kinders. Tombola-kaartjies is te koop en pryse strek van oornag-verblyf by Zebra tot geskenkbewyse vir Sondagmiddagete. Die opbrengs van die dag gaan aan die Movember-stigting. Zebra is op plot 59, Leeukloof, op die De Wagensdriftpad in die Cullinan-distrik.

~*~


‘Kersfees met Mimi’ is die naam van die Bel Canto Ensemble en Mimi Coertse se Kerskonsert op
27 November om 8 nm by Atterbury-teater. Kersliedere soos ‘Somerkersfees’, ‘The Holy City’ en ‘Oh Holy Night’ gaan opgevoer word. Die gaskunstenaars is die Cantare Kinderkoor. Kaartjies kos van R160 tot R180. Die teater is op die hoek van Lynnwood- en Daventryweg, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.

~*~


The Baby Steps reborn doll and teddy bear expo is from 2 to 4 December at The Collection Venue. The expo is from 9 am to 7 pm on the Friday and Saturday and from 11 am to 3 pm on the Sunday. This is an art expo where everything is handmade and cannot be bought in a store. The reborn dolls are made to resemble life-like babies and the handmade teddy bears have moving arms and legs. A new reborn doll fun clothing line will be launched at the event. The venue is at 2021 Boendoe Avenue, just off Garstfontein Road, telephone: 012-993-3638. Entrance is R50 and children under 16 years enter free.

~*~


Kungwini Welsynsorganisasie se Nickel Kersmark word van 3 tot 18 Desember van 9 vm tot 6 nm gehou. Dié mark is in 2000 begin om fondse vir die organisasie in te samel en bied handgemaakte items van gehalte. Daar is ook ‘n teetuin met ligte etes, veilige parkering en bankkaartgeriewe. Jou aankope ondersteun volwasse gestremdes en help met werkskepping onder inwoners van die tehuis. Kungwini Welsynsorganisasie is op plot 214, Zwavelpoort, Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 012-940-0221 of 082-806-2472.

~*~


‘Circle of Friends’ is die naam van die kuns- en handwerk-uitstalling wat op 3 en 4 Desember vanaf 9 vm by Koffietijd gehou word. Die mark het ’n Kersfeestema en is op die hoek van Atterburyweg en Olympusrylaan. Skakel 012-991-5728 of 083-635-1487.

~*~


Ons hoor dat die belangstelling in Friends of the Rail se stoomtrein-uitstappies na Cullinan die afgelope aantal maande skerp toegeneem het. Meer ritte met meer passasiers en meer waens as ooit tevore, word ervaar. 'n Rekord vir die meeste passasiers en die meeste waens is op die laaste Sondag van Oktober opgestel. Ons verstaan dat dié ongekende groei aan Cullinan Junction se maandelikse advertensie in die Bronnie, wat mense uitnooi om die stoomtrein na Cullinan te haal, toegeskryf kan word . . . Die volgende ‘Diamond Express’ stoomtreinritte na Cullinan is op
26 November en 2 Desember.

~*~


‘Alive and Kicking’ is from 22 November to 4 December at Barnyard Theatre Parkview. The show will take you from the 1980′s, when synthesizer music, energetic anthems and incredible voices rocked our world. You then wing into the musical era of the 1990′s, which was filled with a variety of pop and alternative music artists and a plethora of one-hit wonders. The finale goes beyond the Y2K year and into the current decade of hits. The show starts at 8 pm, with an extra show at 1 pm on Thursdays and Fridays. Tickets are R160 to R180. The theatre is on the corner of Garstfontein Road and Netcare Street, Moreleta Park. Phone them at 012-368-1555.

~*~


Marna Schoeman se uitstalling, genaamd Pronk-O-Rama Deluxe, word tot 1 Desember by die Tina Skukan Galery op plot 6, Koedoebergweg, Faerie Glen gehou. Dit sluit ’n reeks akrielverf skilderye, sketse, afdrukke en mode-items in. Marna sê sy is ’n voorstedelike surrealis. Sy skep nie fantasie nie, maar neem die realiteit, blinddoek dit en gooi dit van ’n hoë krans af. Skakel 012-991-1733.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online