Pieter kry nuwe wiele PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 22 November 2016 15:13
Untitled Document

Vir Pieter van Emmenis, ’n inwoner van die Zwavelpoortse Paul Jungnickelhuis vir Gestremdes, was ‘n nuwe rolstoel ‘n absolute noodsaaklikheid.


Agter: Gavin Langley, skoolhoof by Tyger Valley College, Karin Berriman, hoof van die bemarking- en fondsinsamelingsdepartement by KWO, en Gladys Seswike, versorger by KWO. Pieter van Emmenis, ’n inwoner van die Paul Jungnickelhuis, in die rolstoel saam met, van links na regs: Kelly Nagle, Jennah Treichel, Soyama Mofokeng, Fundzile Ntuli, Megan Oellermann en Saskia Schwendtke

Die kinders van Tyger ValleyCollege het hiervan te hore gekom en het fondse ingesamel om ’n splinternuwe rolstoel te koop as deel van hulle uitreikprogram in die gemeenskap.
Die Paul Jungnickelhuis is deel van Kungwini Welsyn Organisasie (KWO) en bied ’n tuiste vir 140 volwassenes met verskillende gestremdhede.

 

© 2019 Die/The Bronberger