Noot vir Noot by Kuierhoekie PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 22 November 2016 15:13
Untitled Document

Die NG Rayton-gemeente se Kuierhoekie het op 25 Oktober ‘n Noot-vir-Noot speletjie aangebied. Dié groepie bestaan uit die gemeente se senior burgers en aktiwiteite in die omgewing word op ‘n gereelde basis vir hulle gereël.

Die Pelgrims van die APK Rayton het vir die Kuierhoekie gaan kuier en die mense is in twee groepe verdeel, nie volgens kerk nie. Die Noot-vir-Noot-speletjie is onder die bekwame leiding van Magda Pienaar gedoen.


Die deelnemers sit gereed vir Kuierhoekie se musiekspeletjie

Koos Pienaar en Elsie Geldenhuys het die telling gehou. Die telling was 54 vir span B en 48 vir span A.
Ná die kompetisie was daar eet- en drinkgoed in oormaat. Hendrik Verwoerd van die Pelgrims het die bedankings gedoen.

 

© 2019 Die/The Bronberger