Leserslens - November 2016 PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 22 November 2016 15:11
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas.


Toe hy hoor dié blom se naam is kopseerblom, het hy gedink dat aspirien en parasetamol nou uit die begroting gewerk kan word, sê Gene de Lange, maar hy vind toe uit dat die blom juis die oorsaak van hoofpyn kan wees. As jy dan dalk sulke plante op jou grond het, stel Gene voor dat jy ‘n ruiker skenk vir iemand wat jy meen ‘n kopseer verdien


As ‘n hittegolf in jakarandatyd toeslaan. Willie Straus van Cullinan het dié foto geneem. Etienne Smith koel af onder die drywende pers kombers


Ná ‘n welkome bui reën op Boschkop het dié paddastoel uit die groen gras van Kikuyu Gastehuis en Dagsorg opgestaan. Chantelle Booyens het die foto aangestuur


“Ons woon in ‘n omgewing met werklike mooi natuurskoon,” sê Ben Geldenhuys. Ben het die foto op ‘n Donkerhoekse plaas geneem


“Die wonder van die skepping uit my tuin op Kleinfontein,” sê Carel Breytenbach


Gideon van Zyl het dié bobbejaanstert in die Bronberg Bewaria afgeneem


Die weerlig blits oor die Bronberg as voorspel van ’n wolkbreuk vroegaand op 2 November, wat welkome verligting oor die dorre gebied gebring het. Gene de Lange het die foto geneem


Jana du Plessis van Pretoria Oos het dié foto by Rietvlei Natuurreservaat geneem

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online