GPF-lid spoor verdrinkte op PDF Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 22 November 2016 15:09
Untitled Document

Die lyk van ’n man is op 22 Oktober in die Moreletaspruit in Garsfontein gevind. Die man het vermoedelik saam met ’n groep huislose mense naby ’n brug op Hans Strijdomrylaan (Solomon Mahlangu) geslaap toe vloedwater ná ’n storm hom drie uur die oggend meegevoer het.

Die huislose mense het die saak die oggend 8 uur by die Garsfonteinse Polisie aangemeld en die lyk is drie ure daarna gevind. Volgens die polisie was daar geen tekens van vuilspel nie en die ondersoek duur voort om die oorsaak van dood vas te stel.


Die lyk word na ’n polisievoertuig gedra
Foto: Verskaf

Plaaslike inwoner, Sarel Reinecke, het daardie oggend op ’n versoek om hulp van die gemeenskapspolisiëringsforum reageer.

Hy het die lyk ongeveer 200 meter van die ingang na die afgekampte gebied van die spruit in digte bosse in die modder gevind.

Dit was tussen die Oostvallei Aftree-oord en een van die huise in Lolalaan, omtrent 750 meter vanaf die plek waar die groep mense geslaap het.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online