Wees deel van ons Kersuitgawe PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Tuesday, 22 November 2016 15:06
Untitled Document

Die Bronberger se Kersuitgawe vir 2016 beloof om weer ‘n baie spesiale een te wees. Soos met vorige jare wil ons, in die gees van die Kersseisoen, ‘n besondere laaste Bronnie van die jaar die lig laat sien.

Interessanthede en wetenswaardighede uit ons gebied en wyer, wat bepaald oor Kersfees en vakansie gaan, sal opgedis word. Ons hoor graag van lesers met interessante Kersfeesstories wat dit met hulle kontreigenote wil deel.

Die verlede het geleer dat ons Kersuitgawes baie goed ontvang word deur ons lesers en daarby baie deeglik gelees word. Een van die redes hiervoor is dat dit telkens reeds vroeg in Desember versprei word. Die Januarie-uitgawe, daarenteen, word eers teen die einde van die nuwe jaar se eerste maand uitgegee.

Dit beteken dat ons Kersuitgawe ‘n langer ‘leeslewe’ as enige ander Bronnie kry.

Die meeste van ons lesers het in dié vakansietyd ook baie meer ‘leestyd’ as gewoonlik. Die gevolg is dat Desember se Bronberger behoorlik en oor ‘n lang tydperk geniet word en dat jou advertensie of bydrae baie blootstelling geniet.

Omdat ons in lesers se huise gaan wees as die skole gesluit het, maak ons seker dat advertensies met gebeure, dienste en produkte wat in die vakansieseisoen in hulle omgewing beskikbaar is, deeglik onder die oë kom.

Dié spesiale uitgawe bied adverteerders ook die geleentheid om Kers- en Nuwejaarswense aan klante in hulle advertensies oor te dra en bes moontlik dankie te sê vir die ondersteuning wat in 2016 geniet is.

Onthou net asseblief – ons sluit op Dinsdag 29 November vir advertensiebespreking. Ons Kersuitgawe word reeds vanaf 7 Desember versprei.

Ons hoor graag van lesers met interessante Kersfees- en vakansiestories en wat dit met hulle kontreigenote wil deel.

Lesers kan gerus ook hulle Kerswense aan geliefdes, vriende en kennisse gratis in ‘n briefie in die Bronnie oordra. Stuur jou brief per e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Vir jou advertensie kan jy vir Tania by 072-089-0227 bel, of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of bel ons kantoor by 012-734-0522 of 082-377-6807 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online