Wat doen ’n stadsraad in ’n globale ekonomiese resessie as hy reeds kniediep in die
skuld is? Wel, as sy naam Kungwini is dan bou hy ’n satelliet kantoorkompleks van
R13 miljoen in Shere.
Dis nie net wat hy doen wat alle gesonde verstand te bowe gaan nie, dis ook hóé
hy dit doen. Hy bou sy dubbelverdieping spogstuk in ’n ekologies- sensitiewe gebied
sonder om enige impakstudies te laat doen. En hy vee sy onbekwame bas af aan sy
wetlike verpligtings om die inwoners van die gebied in die saak te ken en daaroor
te raadpleeg.
Met die laaste telling was Kungwini ’n goeie R63 miljoen in die rooi. En dié dilemma
het niks te doen met uitgawes aangegaan deur die voorsiening van basiese dienste
aan belastingbetalers nie. Veral nie aan die belastingbetalers van die Bronberggebied
nie, wat die spreekwoordelike gans is wat Kungwini se goue eiers moet lê.
By verre die grootste uitgawe van die stadsraad se jaarlikse begroting van
R400 miljoen, is vir salarisse en voordele aan sy meer as 500 werknemers. Van
hierdie 500 sit daar minder as tien in die satelliet-kantoor op Shere. Vir hulle word
nou luukse kantore teen R13 miljoen gebou, terwyl patetiese of geen basiese
dienste in die gebied bestaan nie.
Kungwini se motivering vir dié kranksinnige stap? Dit is juis om beter dienslewering
aan die gebied te verskaf, sê hulle. ’n Mens moet dus aflei dat nog personeel
aangestel gaan word om die nuwe multi-miljoen rand kantoorkompleks vol te sit.
Ons het nie nog onbekwame, lui en skelm amptenare nodig om ’n groter hap uit die
begroting te vat nie. Daarvan is daar reeds in oorvloed. Ons het paaie, sekuriteit,
behuising, krag, riolering, water en vullisverwydering nodig. En ons het bekwame,
deursigtige en eerlike plaaslike bestuur nodig. Dringend.
Dinge om te doen in die Bronberg
Al ooit oor ’n naweek gesit en wonder wat om te doen? Verlede jaar het Die
Bronberger jou presies gewys waarheen jy in ons kontrei kan gaan om iets ongewoons
te doen, iets nuuts te leer, te proe, te plant of te hoor. Ons het dié reuse
inligtingstuk ‘Dinge om te doen in die Bronberg’ genoem.
In Februarie gaan ons dit weer doen – ’n nuut, opgedateerde bêre-bylaag oor
opwindende dinge in ons kontrei. Hier wys ons jou alles – van vlieglesse, perdrylesse,
kunsklasse of selfverdedigingslesse tot bergfietsbane, donkiekarritte, ‘paintball’,
pieknieks, kwekerye, uitstallings en museums.
As jy avonture in ons gebied aanbied, ’n speelplek vir groot- of kleinmense het, iets
uitstal, plante kweek, lesse gee of drome laat waar word, kan jy nie bekostig om nié
in ‘Dinge om te doen’ genoem te word nie.
Adverteerders wat deel wil word van ‘Dinge om te doen’, kan ons kontak by
012-996-1170 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
Skakel ons advertensieverteenwoordigers direk: Tania by 083-384-2075 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
; Marianne by 083-328-8733 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
; Elsabé by 073-342-7910 (Cullinan, Rayton-omgewing). |