Bronbergse grasveld moet gered word PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Monday, 24 October 2016 21:10
Untitled Document

Petro Lemmer van Pienaarspoort, ‘n plantkundige vir Galago Environmental, verduidelik hoekom dit belangrik is om die Bronberg-gebied se grasveld te bewaar.

Petro Lemmer

Groot dele van die plotte en plase in ons omgewing bestaan nog uit stukke ongerepte grasveld. Dele daarvan word onherroeplik vernietig deur dorpsontwikkeling of deur mynbedrywighede.


Barleria pretoriensis

Cephalaria zeyheriana

Die term ‘grasveld’ beteken vir die meeste mense ‘n kaal veld sonder bome. Omdat ons steenkoolafsettings grootliks in grasveld voorkom dink mense dat daardie gebiede en ook die grootste deel van die Afrika-kontinent eens met bome bedek was.


Crossandra greenstockii 

Felicia mossamedensis

Gazania viridifolia

Die teenoorgestelde is inderwaarheid die geval. Grasvelde is een van die oudste plantegroei-groepe ter wêreld en in antieke tye het grasvelde 60% van ons Afrika-kontinent bedek. Ons Suid-Afrikaanse steenkoolafsettings is nie afkomstig van bome nie, maar van ‘n tundra-agtige plantegroei wat die gebied ongeveer 200 miljoen jaar gelede bedek het. Tundra kom van die Finse woord ‘tunturi’, wat boomlose vlakte beteken.


Vigna unguiculata stenophylla

Indigofera hedyantha

Vernonia galpinii

Mettertyd het die veranderende klimaat bosindringing in so ‘n mate aangehelp dat net die hoogste gebiede, wat te koud was vir die tropiese en subtropiese bome, as grasveld oorleef het.


Dicoma anomala anomala

E trichadenia

Dianthus mooiensis mooiensis

‘n Baie groot verskeidenheid plantspesies kom in grasveld voor, baie van hulle endemies aan die betrokke gebied. Dit beteken dat hulle nêrens anders ter wêreld groei nie. ‘n Goeie grasveld bestaan gemiddeld uit 81 plantspesies per vierkante kilometer. Vergelyk dit met die 65 spesies van die Kaapse fynbos en die 86 spesies van die Weskus se renosterveld.


Hoewe twee op Donkerhoek is ‘skoongeskraap’ om plek te maak vir uitbreidings aan die plakkersdorp van Lethabong
Foto: Karel Gerber

Ek het in een oggenduitstappie op ‘n plot in Donkerhoek binne drie ure 76 inheemse plantspesies in blom opgeskryf. Dié getal het grasse, kruide, bolle en biesies ingesluit, maar nie bome nie.

Die hartseer feit is dat die informele woongebied Lethabong binne vier maande juis op daardie terrein aangelê is.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online