Elke skool het een PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 24 October 2016 21:03
Untitled Document

Elke skool het een. Elke skool wil van hulle s’n ontslae raak. Niemand wil van die ander skole s’n hê nie. Skole kry al hoe meer met boelies en boeliegedrag te doen.


Graad 1 Tygies by die ‘Boelie Buster’ wat hulle self gebou het. Agter, van links na regs: Annika Kloppers, Ben Swarts en Clara Hartman. Middel: Matthew Geldenhuys, Janes Swart, Mignon Blanche, Stefan Janse van Vuuren, Zoey Grobbelaar en Talia Jonker. Voor: Karli Janse van Vuuren, Cilliers Craig, Mila Cilliers, Bridget Burger en Alexis Strydom

Laerskool Tygerpoort loods jaarliks ‘n anti-boelie veldtog om leerders bewus te maak van wie en wat boelies is, waarvoor jy moet uitkyk, en hoe jy jouself teen hulle kan beskerm. Dié jaar het elke klas hulle eie ‘Boelie-Buster’, ‘n robot wat baie sterk en groot is, gewapen met pantserdrag, gebou. Hy dien as ‘n simbool van vyf waardes: Trots, eerlik, respek, omgee en verantwoordelikheid. 
 

© 2019 Die/The Bronberger