Raytonse werkgroep wil ekologie bevorder PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 24 October 2016 21:01
Untitled Document

Lidmate van die NG Kerk Rayton het op 21 September ’n werkgroep byeengebring om ’n organisasie te stig wat omgewingsbewaring gaan bevorder.

Met die samekoms is daar besluit om reeds met ’n paar belangrike aspekte te begin, soos koördinering om instansies te skakel vir deelname. Hennie Brisley is hiervoor benoem.

Hennie Malan doen die beplanning vir wat voorgelê gaan word by die eerste vergadering. Herwinning is baie belangrik by die beskerming van die ekologie en dié aspek word deur Issie Spanningberg en Marie Jacobs van Huis Qumi aangevoer. Pieter Bezuidenhout versamel inligting vir reklame.


Die werkgroep van links na regs agter: Marie Jacobs, Piet Bezuidenhout, Hennie Malan en ds Chris Lötter. Voor: Alet Brisley, Hennie Brisley en Issie Spangenberg. Etienne en Emma Koekemoer
is afwesig
Foto: Hennie Fourie

Dié ekologiese werkgroep vind sy beslag by die jongste Sinodesitting van die NG Kerk. Die doel is om soveel mense as moontlik hierby te betrek.

Ds Chris Lötter tree op as sameroeper. Bel hom by 084-586-6552. Bel Hennie Brisley by 083-554-9248.

 

© 2019 Die/The Bronberger