In die kol PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 24 October 2016 20:58
Untitled Document

Charl van Heyningen van Laerskool Witpoort het ‘n nuwe SA rekord in boogskiet opgestel.
Hy het dié rekord in September vir die kategorie CMBU IFAA Binnenshuise Boogskiet 10 m by die Wes-Provinsiale IFAA Kampioenskappe, gehou by Joni Bach Sportsentrum in Pretoria-Noord, opgestel. Charl het ‘n telling van 300 uit 300 en 53 kolskote uit 60 behaal. 


Gerhard van Wyk en Charl van Heyningen
.

Charl van Heyningen het ‘n nuwe SA rekord in boogskiet opgestel

In Julie het Laerskool Witpoort geskiedenis gemaak deur in net vier maande van die sport se aanbieding by die skool reeds twee nasionale boogskutters op te lewer. Gerhard van Wyk en Charl van Heyningen het Gauteng-Noordkleure verwerf.

 

© 2019 Die/The Bronberger