Laerskool-leiers reik geesdriftig uit PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 24 October 2016 20:56
Untitled Document

Laerskool Rayton se leiers werskaf vanjaar soos ‘n spul rooimiere met die uitleef van hulle tema, “Ons gee om”.

Vroeër vanjaar het hulle ‘n Valentynssokkie gehou waar blikkieskos deel van die toegangsgeld was. Die blikkieskos is later aan behoeftiges uitgedeel. Dié groepie het egter besluit dat liefdadigheid veel verder as ‘n eenmalige poging strek en hulle hou nou een maal per maand ‘n uitreikaksie.


Die sopkombuis vir Phumzile se kinders

Die leiers het onlangs sop en lekkergoedpakkies vir die kinders van Phumzile uitgedeel en ook vir behoeftige kinders in die Kleinfontein-woonwapark.


Zander Muller en een van die kinders

Volgens toesighoudende onderwysers het die leiers die middae amper meer as die behoeftige kinders geniet. Orals was daar leiers met babas en kleuters op die heup, gereed om die volgende speletjie te speel.


Die uitreikaksie by Kleinfontein se woonwapark

Die leiers het gesê dat hulle bevoorreg is om tyd saam met die kinders te spandeer. “Die kinders was eers skaam vir ons, maar na ‘n paar ysbrekers was ons almal net kinders met die dieselfde behoeftes.” 


Van links na regs agter: Este Stander, Mariska Kok, Rude Engelbrecht, Freek Jonkers, Mar-jean Ferreira, Zander Muller en Deon du Preez. Middelste ry: Danike Notnagel, Diehan Kok en Rumay Cunningham. Voorste ry: Jeandré Campbell, Dawn Willemse, Marné Herbs en Justin Clark
Foto’s: Chiola Campbell

Vanjaar se hoofseun is Jeandrè Campbell en die hoofmeisie is Rude Engelbrecht. Freek Jonkers is die onderhoofseun en Ané Louw die onderhoofmeisie. Die ander leiers is Zander Muller, Deon du Preez, Diehan Kok, Melvin van den Berg, Justin Clark, Mar-jean Ferreira, Marc Mclaughlin, David Lubbe, Christiaan van der Walt, Marné Herbs, Danike Notnagel, Dawn Willemse, Mariska Kok en Rumay Cunningham

 

© 2019 Die/The Bronberger