Melissa samel vrag in vir Hanna Stigting Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 24 October 2016 22:51
Untitled Document

Die 10-jaar oue Melissa van Rooyen van Woodhill College het ‘n hele vrag klere, speelgoed en skryfbehoeftes vir die Hanna Stigting ingesamel. Sy is op 8 Oktober as Mej SA Skole in haar ouderdomsgroep gekroon en het ook die meeste stemme van die publiek gekry.

As deel van die Mej SA Skole-kompetisie moes Melissa as ambassadeur van haar skool ‘n gemeenskapsprojek op die been bring.  Sy het die Hanna Stigting, ‘n liefdadigheid- en bemagtigingsorganisasie, gekies en met die bystand van haar skoolhoof, Mike Theunissen, en mede-leerlinge het sy ‘n hele vrag hulpmiddels vir minder bevoorregtes ingesamel.


Melissa van Rooyen saam met Mike Theunissen, primêre skoolhoof van Woodhill College, en Belinda Brummer, ‘n verteenwoordiger van die Hanna Stigting

Dié vrag is op 19 September deur Belinda Brummer van die Hanna Stigting ontvang en is by hulle depot in Lynnwood afgelewer. Trailarent in Parkview-winkelsentrum het vir Melissa een van hulle heel grootste waentjies vir dag geskenk om haar vrag af te lewer. Melissa het in die skoolvakansie met die stigting se sopkombuise gehelp.

Sy help ook met CANSA TLC projekte en het ‘n bedrag ingesamel wat in September aan hulle oorbetaal is. Intussen help sy by pediatriese onkologie by Life Wilgers Hospitaal en vat vir die kinders in dié afdeling snoepgoed as bederfies.


Melissa saam met Zelna Visagie van Alberts, Bouwer en Jordaan Kliniese en Bestraling-Onkoloë by Wilgers Hospitaal

Die Hanna Stigting ondersteun gemeenskappe met basiese dienste soos speelgroepies vir kinders, sopkombuise, vaardigheidsontwikkeling, oefenprogramme, werkskepping, klerebanke en biblioteke.

Hulle sosiale en sielkundige ondersteuning behels weeklikse byeenkomste vir groepe vroue (Womanhood) en tienermeisies (Sisterhood).


Melissa help die mense van die Hanna Stigting om die hulpmiddels wat sy ingesamel het af te laai

Hanna Liefdadigheid en Bemagtigingstigting is by die Departement van Sosiale Ontwikkeling as ‘n nie-winsgewende organisasie geregistreer. Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos aan die uitvoerende bestuurder, Hanna Grobler: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of vir maatskaplike werker en projekbestuurder, Sonja Smit: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Skakel 012-348-3534.

 

© 2020 Die/The Bronberger