Gewapende roof by vulstasie PDF Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 24 October 2016 20:47
Untitled Document

Die gemeenskap word gewaarsku om op hulle hoede te wees wanneer hulle by die Sasol Vulstasies op die N4-Witbank-snelweg naby die Diamond Hill Tolplaza stop.

Die Cullinanse Gemeenskapspolisiëringsforum sê daar was verskeie gewapende rooftogte daar, veral in die nag. Die misdadigers is glo baie aggressief.

Motoriste word gemaan om voor die winkels te parkeer en nie om die hoek by die donker parkeerplekke nie.
 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online