Het jy gehoor? / Have you heard? - Okt2016 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 24 October 2016 20:26
Untitled Document


‘n Bronnie-artikel word nou aan graad sewe leerlinge voorgeskryf. ‘Kenners laat die aap uit die mou’ in Die Bronberger van Mei 2011 word in die Viva Afrikaans Graad 7 Leerderboek in die vak Afrikaans gepubliseer. Die berig met die fokus op Zwavelpoort se blou-ape het vertel dat dié diertjie se intelligensie nog altyd onderskat is. Dit is nie die eerste keer wat ‘n opvoedkundige instansie die Bronnie genader het om toestemming te kry om ons werk te gebruik nie. In Junie het ons berig dat die Bronnie se artikel oor vlermuise in Augustus 2011 as voorgeskrewe leermateriaal vir Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) studente gebruik gaan word.

~*~


Foto: Paul Bosman
Dit is byna weer Kerstyd en NG Kerk Rayton nooi almal uit om Saterdag 19 November om 5 nm saam te gaan sing en heerlik te kuier. Daar is kraampies waar jy Kersgeskenke en eetgoed kan koop. Vanaf 6:30 nm is daar samesang onder die sterre onder leiding van Cindy Nel. Kersvader daag om 8 nm op in sy rooi motor met Kersgeskenke vir die kinders. Mense moet hulle eie stoele of komberse saamneem. Sondagaand 20 November om 6:30 is daar ‘n sangdiens in die kerk met verskeie individuele bydraes. Na die diens is daar gratis verversings.

~*~


Cedar Junction hou ‘n pretdag op 30 Oktober van 9 vm tot 3 nm. Daar gaan ‘n mark gehou word en kinders kan uitsien na ‘n 5 m hoë ‘twister’ glyplank, ‘n 10 m waterglybaan, skuimtonnel, vuurpyl-valskerm, klimrame, springkastele, trampoliene, knortjorre, treinritte en Barney, die Dinosourus. Vermaak is deur Kerry Lee. Toegang is R30 vir volwassenes, R70 vir kinders van drie tot 13 jaar oud en R50 vir kinders van een tot drie jaar oud. Verversings is beskikbaar. Cedar Junction is in Lynnwoodweg-verlenging 404, Zwavelpoort. Skakel 012-811-1183.

~*~


Die Cullinan-bewarea bied op 29 Oktober ‘n uitstappie in die voetheuwels van die Magaliesberg noord van die Ou Bronkhorstspruitpad (R104) aan om meer oor skerpioene te leer. Die uitstappie, wat om 9 vm by aHa Idea Catalyst begin, word deur die bekende Jonathan Leeming begelei. Die koste is R100 vir volwassenes en R50 vir kinders. Slegs 20 mense word op die uitstappie toegelaat. Besprekings sluit op 24 Oktober. Teks jou naam en e-pos adres na Joan du Toit by 071-280-2102 en sy sal die besprekingsvorm aan jou stuur sodat jy verseker kan wees van ‘n plek.

~*~


Lakelands Aarbeiplaas hou op 29 Oktober ‘n Aarbeifees. Gaan geniet ‘n dag vol aarbei-plesier van 9 vm to 4 nm. Toegang is R30 per persoon en gratis vir kinders onder tien jaar. ‘n Klein Mej en Mnr Aarbei en Baba Aarbei-kompetisies gaan gehou word. Daar is lewendige vermaak van vroeg tot laat en besoekers kan uitsien na ‘n aarbeitent, biertent, ‘n aarbei-eet kompetisie, koskraampies en ‘n speelplek vir kinders. Lakelands is op plot 23, Tierpoort. Skakel 072-942-5111.

~*~


Die ‘Pers Party Bus’ vertrek op 22 Oktober om 8:30 vm vanaf Lynnwood Bridge-sentrum in Daventrystraat, Lynnwood Manor op ‘n uitstappie na Cullinan. Die bus sal 3 nm weer terug wees. Bespreek by Ulysses Toere: 012-653-0018 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~

Kaiings en Kraft is die naam van Gereformeerde Kerk Bronkhorstspruit in Markstraat se Kersmark wat op Saterdag 26 November gehou word. Gaan geniet ‘n dag waar die tradisionele die unieke nie net ontmoet nie, maar al skoppend saamgevoeg word. Daar gaan tradisionele kerkbasaar-kos, ‘n Kersmark en warm kaiings en pap wees. Die mark soek mense wat interessante handgemaakte artikels kan bied. Bel Christoniel Putter by 071-315-4574 om ‘n kraampie teen R150 te bespreek.

~*~


Did you hear that Prof Cheryl McCrindle from Donkerhoek vet has qualified to take part in the World Quarter Horse Championships in November in Oklahoma, USA? She will be riding against the best quarter horse riders in the world. Prof McCrindle was allowed to lease a top international horse in the USA as she cannot export one of her own horses. She is the owner of Arabesque Arabian and Quarter Horse Stud and has stayed in the Bronberg area since 1972: plot 87, Tierpoort; plot 221, Tierpoort; portion 58, Klipkop; and plot 22, Kleinzonderhout.

~*~


‘’n Ster vir my bed’ is die naam van die televisieprogram wat op 12 September op Via, DSTV kanaal 147 begin het. Jan Harm van Janharmsgat se Agterplaas in Cullinan is die aanbieder en op dié stylprogram besoek ‘Idees’-tydskrif se nuutmaak-span gastehuise. Hulle help die eienaars om dit op te kikker en hopelik ’n ekstra paar sterre by die toerismekantoor los te slaan. ’n Nuwe episode word elke Maandag om 5 nm uitgesaai en die eerste paar episodes het op ‘n paar van Cullinan se bekende plekke gefokus.

~*~


Boeremarkte word vanaf 10 September by Farm City in Olympus gehou. André Cronje vertel dat Pretoria Voedsel Koöperasie, waarvan hy ’n lid is, ’n jaar gelede begin het om vars vrugte en groente aan lede te verskaf. Hulle langtermyn doel is om voedselsekerheid direk vanaf die boer te verskaf. Hulle lewer meer as 100 mandjies per maand in Pretoria-omgewing af en het Farm City genader om hulle tak as ’n afleweringspunt te gebruik. André sê hulle is verras met die versoek om ’n boeremark daar te reël en dat die produkte en dienste van die uitstallers in die takke verkoop gaan word. Stuur vir André ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die ‘Crafters Fair’ Kersmark word van 26 Oktober tot 5 November by NG Moreletapark Gemeente in De Villabois Mareuilrylaan 1353 gehou. Die mark is van Maandae tot Saterdae oop van 9 vm tot
7 nm. Skakel 082-453-7933.

~*~

Full Moon Challenge 3 is held at Tierpoort Adventure Farm in Tierboskat Street on 16 November. The 10 km run starts at 6.15 pm at R80 entry fee and the 5 km at 6.30 pm at R60. There are free doggy entries and family discount packages as well as food, beverages, bonfires and medals for finishers. Phone them at 083-272-5790.

~*~


Friends of the Rail bied die ‘Diamond Express’ stoomtreinrit na Cullinan aan op 30 Oktober en 6 November. Die trein vertrek om 8 vm vanaf die Hermanstadstasie. Kaartjiepryse is R250 vir volwassenes, R200 vir pensioentrekkers, R175 vir tieners tussen 13 en 18 jaar, R150 vir kinders van sewe tot 12 jaar en R100 vir kinders van twee tot ses jaar oud. Skakel 012-767-7913 of 082-098-6186.

~*~


Speelgoedkas produksies bied ‘n moderne weergawe van Rooikappie aan op 29 Oktober om 11 vm en 2 nm by die Barnyard se Musiekskuur. Dié kinderteaterproduksie is vir groot en klein. Kaartjies kos R90. Die teater is op die hoek van Garstfonteinweg en Netcarestraat, Moreletapark. Skakel 012-368-1555.

~*~


‘n Las Vegas Kasino-aand word op 12 November vanaf 6 nm by die Cullinanse Sportterrein in Mainstraat gehou. Kaartjies is R550 per persoon en sluit ‘n ete, $500 speelgeld, vermaak en ’n dansvloer in. Skakel 012-305-2501.

~*~

Sanger, komediant en storieverteller, Andries Vermeulen, kuier op 28 Oktober by Weiveld in Zwavelpoort. Die deure open om 7 nm en Andries se optrede begin 8.30 nm. Toegang is R70. Skakel 071-471-6698 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Dié langarm-dansplek is by Bronberg Wynlandgoed op die hoek van Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkop-pad.

~*~

Bookings for a snake identification and handling course are now open. Limited spaces are available. The day on 26 November at Funny Farm near Cullinan will cost R400 per person including a light lunch. There will be a braai afterwards.  Contact De Waal on: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or 071-180-9065.

~*~

‘Laat daar lig wees’ is die naam van ‘n Kersuitstalling deur 40 kunstenaars van 29 Oktober tot
15 Desember. Die kunstenaars het die uitdaging aanvaar om kreatief te werk te gaan met lig in sketse, skilderye, beelde en houers in ‘n verskeidenheid van media, vanaf hout, metaal, klei en porselein tot glas en perspex. Dié verligte kuns met ‘n kinkel is te sien by ArtBox in Barnardstraat 858, Elarduspark. Skakel 083-384-2402.

~*~

‘n Leefstylskou vir Vroue word vir 29 Oktober van 8 vm tot 5 nm by Cullinan se Rec Klub beplan om saam te val met borskankerbewustheidmaand. Vroue gaan bewus gemaak word van die gevare en tekens van borskanker om dit sodoende vroegtydig op te spoor. Daar gaan verskeie gesondheid-, skoonheid-, fiksheid-, toer-, huisware- en bruid-uitstallings wees. Skakel Jaen-Mari: 081-709-0361. Die klub is op die hoek van Library- en Mainlaan.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online