Bewys lê in briewe PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Monday, 24 October 2016 20:25
Untitled Document

Ons het by die Bronnie nie die luukse van ‘n groot bemarkingspan wat maandeliks kan sorg vir ‘n haalbare advertensiebelading nie – iets waarsonder ons nie sal kan voortbestaan nie. Wat ons wel bevoorreg is om te hê, is enkele toegewyde mense en derduisende geesdriftige lesersvriende.

Ons glo ook ons het ‘n produk wat oor die afgelope 14 jaar deurgaans bewys dat ‘n advertensie in Die Bronberger ‘n slim ding is om te doen.

Om dié waarheid te staaf, plaas ons hier onder uittreksels uit enkele van die talle gewaardeerde briewe wat ons daagliks van lesers en adverteerders ontvang:

Alet Erasmus van Kleinfontein: Baie dankie vir die afgelope jare se tydskrif met iets van alles! Advertensies wat jy vinnig kan raakvat wanneer jy die een of ander produk of kontrakteur benodig.

Marie Hattingh van Rayton: Ons kan nie wag dat dit op die rak is nie. Dit is voorwaar die beste plaaslike gemeenskapsnuus wat ek in my lewe ervaar het. Moet noem ek het al die land vol gebly en gewerk.

Maxie Willemse van Zwavelpoort: Die Bronnie is inderdaad ‘n wins. Ek het goeie navrae as gevolg van die advertensie gehad.

Sarie Genis van Laerskool Witpoort: Dankie vir julle wonderlike blad! Al wat leef en beef wil altyd ‘n eksemplaar hier hê, tot ons departement in Pretoria vra gereeld vir Bronbergers.

Avril Mills from ExecuCare Services: I have had very good response to the advert. Many thanks and have a good day.

Historikus, dr Pieter Möller: As historikus geniet ek dit baie. Eweneens, almal wat ek ken, is beïndruk met Die Bronberger.

Nellie Roos van Grootfontein: Baie spesiaal dankie aan al die adverteerders; sonder julle het ons more dalk nie ‘n Bronnie nie.

Dr Attie Snyman van Garsfontein: Ek mis nooit ‘n uitgawe nie, al moet ek spesiaal ry om ‘n Bronberger te gaan soek. Die inhoud is baie interessant en netjies versorg.

Reinette van der Linde van Rayton: Baie dankie, die opkoms van bestellings uit my advertensie was baie goed gewees.

Yvette Otto van Cullinan: Baie dankie vir die pragproduk wat julle aan ons almal lewer. Min tydskrifte (en taalgebruik in tydskrifte) kom daar naby.

Rina Engelbrecht van Laerskool Tygerpoort: Gemeenskapsondersteuning is vir elke Tygie baie belangrik en julle is beslis die toonaangewers op die gebied.

Barbara Corrine Bennett from Bashewa: Thanks to my favourite local magazine, The Bronberger, I get to read about all the wonderful places of interest in our area, including nurseries, restaurants and lovely venues.

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online