Brakkie is weg PDF Print E-mail
News - Briewe
Monday, 24 October 2016 20:17
Untitled Document

Miemie van der Merwe van Mooiplaats skryf:
Maandagmiddag 26 September het ons Jack Russell hondjie net onverklaarbaar verdwyn. Ons woon op Mooiplaats aan die Boschkoppad net suid van die Donkerhoek tolplaza.

Al ons bure ken die hondjie maar nogtans het ’n groot soektog niks opgelewer nie. Afgesien van die tipiese Jack Russell bruin gevlekte ore is hy verder spierwit met net een bruin vlek skuins op sy rug regs. Hy het ’n halsband aangehad met sy naam, Brakkie, en telefoonnommer daarop.


Brakkie

As iemand weet waar hy hom bevind of hom gesien het, laat weet ons asseblief by: 082-687-8606. Ons harte is baie seer.

 

© 2019 Die/The Bronberger