Het jy gehoor? / Have you heard? - Sep2016 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Monday, 26 September 2016 19:45
Untitled Document


Ons hoor daar is nog ’n nuwe prospekteer-aansoek in die Rayton-gebied. ’n Maatskappy met die naam Insite Trading (Pty) Ltd doen aansoek vir ’n prospekteerlisensie op plot 9 en 556 Kaalfontein, net langs Rayton. Hulle wil sand myn.

~*~


‘n Nuwe trouplek maak op Mooiplaats oop en hou hulle openingsfees met Steve Hofmeyr as die hoofkunstenaar op 7 en 8 Oktober. Kaartjies vir die Vrydag, wanneer Kaleidoskoop, Neil Somers, Brian Finch, Anton Myburg en Andrew Roos optree, is R120. Saterdag se kaartjies kos R150 en sluit Steve se optrede in asook Juan Boucher, Anton Myburg, Lezahn, Brian Finch en die rugby gaan uitgesaai word. Kaartjies vir altwee dae is R230 en is by iTickets beskikbaar. Mooibosch is op plot 366, Mooiplaats. Skakel 084-603-6103

~*~


Ons hoor dat The Wilds se riool glo gereeld oorloop en teen die einde van Augustus vir ‘n ruk met ‘n stormwatersloot langs Atterburyweg oorkant Plantland afgeloop het. Teen die eerste week in September het die rioolwater opgedroog, maar die stink spoor was nog duidelik te siene.

~*~


Zwavelpoort vier Erfenisdag / Nasionale Braaidag op 24 September met ‘n Proe-toria geleentheid waar Silver Creek Mountain Band gaan optree. Die dag begin om 11 vm en daar gaan bier en koskraampies wees en ‘n verskeidenheid handwerk. Toegang is R150. Die vieringe is by Monte de Dios in Achillesweg 106. Skakel 071-100-3305.

~*~


Jak de Priester tree op Woensdag 28 September om 10 vm op by El-pidá Dienssentrum by Valleisig Gemeente se ouditorium op die hoek van Tipperary en Mayostrate, Faerie Glen. Kaartjies is R50 vir El-pidá lede en R60 vir nie-lede. Die doel van die oggend is die verskaffing van gehalte, bekostigbare vermaak vir die ouer persoon en om fondse vir die dienssentrum in te samel. Bel Judy Bovey by 083-325-2102.

~*~

Ons hoor die ‘Tierpoort Mall’ gaan eersdaags erge veranderings ondergaan. Die slaghuis en die bottelstoor word ingesluk deur ’n koswinkel van OK en die bekende kafee verdwyn glo ook. Die vulstasie word opgegradeer. Al die ander winkels bly, maar sommige skuif na nuwe plekke in die sentrum.

~*~


Die Zwavelpoortse Cedar Junction hou op 30 Oktober ‘n familie-pretdag. Dié trein-temapark het drie klein replikas van treine wat besoekers deur die park op ‘n 1,2 km roete laat ry. Cedar Junction is in Lynnwoodweg-verlenging 404, Zwavelpoort. Skakel 012-811-1183.

~*~


‘Sonja en Tjokker’ is die naam van die musiek-kinderproduksie waar Sonja Herholdt en haar beste honne-pêl Tjokker liedjies vir die kinders sing. Die vertoning is op 1 Oktober om 10.30 vm by Barnyard-teater, Parkview. Kinders word uitgenooi om saam te dans en deel te neem aan die aksie. Die program het ‘n geestelike en opbouende aanslag. Kaartjies kos R90. Die teater is op die hoek van Garstfonteinweg en Netcarestraat, Moreletapark. Skakel 012-368-1555.

~*~


The Pretoria Shepherd Dog Club’s annual walk is on Saturday 1 October. The walk is a fundraiser for the South African Veterinary Association’s community project called Community Veterinary Clinics (CVC). They look after the primary healthcare of dogs and cats in disadvantaged communities and offer vaccinations, de-worming, dipping and sterilization at a reduced fee. Phone Tania Quarmby at 082-430-1456.

~*~


Die Zwavelpoortse Weiveld vier sy eerste verjaarsdag op 8 Oktober vanaf 3 nm met ‘n osbraai. PJ Cruz en sy orkes tree vanaf 4 nm op. Teen 5 nm word die rugby uitgesaai en vanaf 7 nm tree Ricus Nel en sy orkes op. DJ Wesley neem 8 nm oor. Kaartjies kos R150 en is by iTickets beskikbaar. Dié langarm-dansplek is by Bronberg Wynlandgoed op die hoek van Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkop-pad.

~*~


Julio Iglesias skop sy Suid-Afrikaanse toer op 14 Oktober om 6 nm by die Moreleta Auditorium af. Julio se sangloopbaan strek oor 47 jaar en hy het meer as 300 miljoen albums wêreldwyd verkoop en meer as 5 000 konserte gehou. Kaartjies, beskikbaar by iTickets, vir die voorste rye is R1 250, vir die grondvlak is dit R950 en vir die balkonne R650. Moreleta Auditorium is in De Villabois Mareuilrylaan, Moreletapark.

~*~


Swartt & Witt, ‘n alternatiewe akoestiese / elektriese rock-duo, tree op Vrydag 14 Oktober om 8 nm by Asbosteater op. Chris Duvenage speel kitaar en Marcus Riekert kitaar en bekfluitjie. Kaartjies kos R120. Asbosteater is by Karoo Kafee op die hoek van Albethstraat en Lynnwoodweg, Die Wilgers. Bel Marica: 082-564-0999.

~*~


African Blessings’ Community Critter Care division is having a Township Dog Show from 9.30 am on 8 October at the farm Rustfontein. They host a dog show each year to applaud local community members on their dogs’ health, social behaviour and relationship with their owner. The hope is that this show will serve as a motivation to all community members to look after and care for their pets. Rustfontein is 8 km outside Bronkhorstspruit on the Old Cullinan Road (R513). Phone Theresa: 079-351-8703.

~*~


Die Charl du Plessis Trio keer op 2 Oktober om 6 nm terug na die Atterbury Teater met die bekendstelling van hulle nuwe album, ‘Baroqueswing Vol 2’, wat deur die Switserse platemaatskappy Claves geproduseer is. Die vertoning kombineer jazz en barokmusiek wat eksperimenteer met vorm, ritme en verwerkings van tydlose musiek. Kaartjiepryse is van R120 tot R240. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-471-1700.

~*~


Kunstenaars wat by Cockpit Brewhouse in Cullinan optree, sluit in: 24 September – Jack Mantis Band; 25 September – Koos Kombuis – R130 toegang; 1 Oktober – Dan Patlansky – R150 toegang; 2 Oktober – Lennie Muller; 8 Oktober – Buurman Blues Band; 9 Oktober – Janie Bay; 15 Oktober – Bright Lights, Big City; 16 Oktober – Roan van As; 22 Oktober – Johnathan Martin; 23 Oktober – Dawie De Jager. The Cockpit Brewhouse is in Oaklaan 80, Cullinan. Skakel 012-734-0656.

~*~


The next Paint Nite at The Collection is on 29 September from 7 to 10 pm. The cost is R550 per person and your ticket to this creative night out includes painting supplies. The Collection is at 5 Boendoe Avenue, just east of Woodlands Boulevard. Phone them at 012-993-3638.

~*~

’n Wilde Weste piekniek word op 1 Oktober by Shokran in Tierpoort gehou. Dit gaan glo ’n ‘honky tonk’ dag wees en mense kan solank hulle stewels begin poets en uitsien na die dansery. Om te bespreek, besoek http://www.picnicsinthepark.co.

~*~


A brand new arts festival, Gaufestival, will be held in Pretoria from 30 September to 5 October. Venues for the festival are situated in a city circle including the South African State Theatre, the University of Pretoria, Brooklyn Theatre and the Botanical Gardens. Across the board entertainment will be featured, from popular concerts, jazz, drama and dance to classical music. Greenlyn Village, on the corner of Thomas Edison and 13th Street in Menlo Park, will be hosting the main festival grounds, with local and international stalls under the auspices of Retha van Hoven: 083-554-5636.

 

 

 

© 2024 Die/The Bronberger