Maan vat ‘n happie son PDF Print E-mail
News - Ons Omgewing
Monday, 26 September 2016 17:41
Untitled Document

Die gedeeltelike sonsverduistering op lentedag, 1 September, is deur Laurette van der Vyver by die MBT R25 Bapsfontein-vulstasie vasgevang. Sy het die foto’s van 9.30 vm tot 12 uur geneem.

Die son, maan en aarde het perfek opgelyn en die maan het tussen ons en die son inbeweeg. Die maan se wentelbaan is effens ellipties, wat beteken dat hy soms verder van die aarde af is as ander tye. Vanjaar was hy verder toe hy verby die son beweeg het en het daarom nie die hele son bedek nie.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online