Fietsryers vat vaal winterveld aan Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 26 September 2016 19:25
Untitled Document

Witpoort se fietswedren op 20 Augustus het trappers van heinde en verre gelok.

Die dag het om 8 vm afgeskop met 5 km, 10 km, 30 km en 60 km wedrenne in die hartjie van dié gebied se landbougemeenskap.


Die afdraande af terwyl ‘n trekker wag
Foto’s: Laurette van der Vyver

Met pryse op die spel het die ernstige fietsryers gou die voortou geneem op roetes wat oor die plase rondom Laerskool Witpoort geloop het. Daar was meer as 40 uitstallers, heerlike kos en die geselligheid van die plaasgemeenskap het dit ‘n familiedag wat oud en jonk kon geniet, gemaak. 

Die 60 km wedren se uitslae is as volg: Chris Cronje in die eerste plek; Janus Potgieter in die tweede plek en Etienne le Roux in die derde plek.


Vanuit trekker en sleepwa word die fietsryers se vordering dopgehou

Die wenner van die 30 km wedren se naam is onbekend; Dirk Uys was in die tweede plek en Wynton Robinson in die derde plek.

Die 10 km wedren is deur Jos Schinkel gewen met Bertie Anderson in die tweede plek en Phillip Naude in die derde plek.


‘n Uitspanning na die inspanning

Raymond Lourens was die wenner van die 5 km wedren met Carel Schinkel in die tweede plek en Tienus Erasmus in die derde plek.

 

 

© 2020 Die/The Bronberger