Sprokiesfees was uit die boeke PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 26 September 2016 17:24
Untitled Document

Cullinan het ‘n Sprokiesfees gehou. Die Premier Hervormde Kerk Cullinan het dié fees op Saterdag 27 Augustus aangebied.


Minnie en Mickey Muis

Gesigverf het kinders in sprokieskarakters omgetower

Daar was ‘n basaar, speletjies vir kinders, vetkoek, pannekoek, kerrie en rys, tuisgebakte brood, nagereg en koeksisters.


Daar was speletjies vir oud en jonk

Hessie van Rensburg sê elke kraampie by die basaar was ‘n belewenis en dit was die eerste keer in ‘n lang tyd wat daar soveel kinders met afwagting in ‘n tombola-tou gestaan het. Die springkasteel is ook met oorgawe deur die kinders geniet.


Sprokieskarakters het orals op die fees rondgesit

Kleinfontein Boere-orkes het die oggend deurgaans musiek verskaf, wat ‘n heerlike atmosfeer geskep het. Cindy Nel en haar sangleerlinge het almal vermaak met ‘n sprokiesliedjie-optrede wat groot byval gevind het en die mense lekker laat lag het.


Liewe Heksies by die lamskerrie
.

Cindy Nel en haar sangleerlinge het ‘n sprokiesliedjie-optrede gehou


Skyfskiet was op die program

 

 

© 2019 Die/The Bronberger