Apteek se projek lok meelewing Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 26 September 2016 19:23
Untitled Document

Rayton- en Cullinan Apteek se projek om behoeftige mense in ons gebied deur die winter te help warm hou was ‘n groot sukses. Die projek het oor drie maande geloop en het teen einde Augustus afgesluit.

“Die reaksie wat ons gesien het was ongelooflik en die mense van Rayton het baie gegee,” sê Sandra Pollock, klinieksuster by Rayton Apteek.

Ons het voorheen berig dat die apteek houers voorsien het waarin komberse, klere, skoene en kos vir die behoeftige mense in die gemeenskap afgelaai kon word.

Hulle het saam met die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) se tak in die gebied gewerk en Sandra sê dat die CMR se maatskaplike werkers so een maal ‘n week die insamelinghouers in die apteek gaan leegmaak het.

“Ons voel dat ons ons teiken bereik het om mense in ons omgewing te help,” sê Sandra.

 

 

© 2020 Die/The Bronberger