Dankie, Dewaal Print E-mail
News - Briewe
Monday, 26 September 2016 19:15
Untitled Document

Anoniem van De Tweedespruit skryf:
Na aanleiding van ‘Diere word geskiet, vergiftig en in strikke gevang’ in Die Bronberger se Augustus-uitgawe:

As inwoner van die De Tweedespruit Bewarea wil ek graag aan Dewaal Venter dankie sê vir sy skrywe oor die uitwissing van wilde diere net vir die pret daarvan. Of, soos dit gestel word, die bekamping van wilde diere wat ’n bedreiging vir die wildboerdery en vrugteboere inhou.

Toe ek 20 jaar gelede op ’n plaas in die gebied ingetrek het was daar troppe bobbejane, ystervarke, kleinwild en selfs bokke soos waterbokke.

Vandag hoor jy, as jy gelukkig is, die boggom van ’n bobbejaan soos musiek in jou ore. Bokkies loop alleen rond en yster- en vlakvarke is so raar dat jy per geluk een raakloop.

Nou is dit die jakkalse se beurt om uitgewis te word want hulle vang die wilde bokke, wat ten duurste aangekoop word om net later as wild verkoop te word, se lammers.

Dit is en was nog altyd deel van die natuur.

Die seer daarvan is dat oor minder as 10 jaar van nou af ons kinders die bogenoemde diere in ’n dieretuin sal moet gaan sien waar hulle in hokke aangehou gaan word om te weet hoe hulle lyk.

Dankie vir jou omgee, Dewaal Venter.

 

© 2020 Die/The Bronberger