Het jy gehoor? / Have you heard? - Aug2016 PDF Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 23 August 2016 19:55
Untitled Document


Hesta Swanepoel het dié foto by die heining van haar vriendin se erf geneem. Op ‘n winteroggend, na hoeveel jare wat die posbus voor die heining gestaan het, is hy skielik skoonveld weg. Hulle het toe ‘n ander posbus gaan koop en terwyl haar man oornag gewag het vir die sement om hard te word, het hulle die posbus met sewe meters ketting en drie slotte vasgemaak. Dit was ook nie net vir ketting-knip as jy hom wou steel nie, daar was ‘n gekompliseerde ‘ontvleg’ roete wat gevolg moes word.

~*~

Daar is ’n prospekteeraansoek ingedien vir Kaalfontein gedeeltes 9 en 55. Die registrasievorms is op die Cullinan Bewarea se webblad: http://www.cullinan-conservancy.org/resources/Scan0012.pdf

~*~


Die ValleiPartei is op Saterdag 27 Augustus by Valleisig Gemeente in Faerie Glen. Toegang is gratis by die hekke en verkope begin om 8 vm. Daar is ‘n teetuin, plaasstal, ‘n biertuin en musiek. Besoekers kan uitsien na koffie, wit olifante, pannekoek, kerrie en rys, vetkoek, poeding, ‘n koektafel, hamburgers, roomys, koeldrank, worsbroodjies, plante, naald- en handwerk en slaptjips. Van vroeg tot laat is daar verskeie jeugaktiwiteite soos trompoppies van Laerskole Constantia Park en Garsfontein, gesiggieverf, ‘n springkasteel, blikkies omgooi en skyfskiet. Die veiling by die lapa begin om 11.30 vm en om 12.30 nm is daar ‘n skattejag waar ouers en kinders saam kan deelneem. Vir meer inligting bel Johann Vermeulen by 012-991-1542 (8 vm – 1 nm op weeksdae).

~*~


Die Windpomp handwerkmark is elke laaste Saterdag van die maand van 8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51-pad tussen Bapsfontein en Petit. Die volgende mark is op 27 Augustus. Bel Adele by 083-445-1608.

~*~


Ter viering van Familie-erfenisdag bied die Cullinan Bewarea ‘n lesing aan deur bekende wamaker en entomoloog, professor Erik Holm. Hy gaan oor verskillende soorte ossewaens, hulle geskiedenis, konstruksie en gebruike praat. Hy bespreek ook trekosse, hulle gebruike en hantering, ou plaasgereedskap, die looi van rieme en die ossewa as simbool in Suid-Afrika. Die lesing is op Saterdag 17 September, 1.30 vir 2 nm by aHa Idea Catalyst, Rietfontein. Verversings word bedien. Die koste is R100 vir volwassenes en R50 vir kinders onder 10 jaar. Bespreek voor 13 September. Vir meer besonderhede kontak Joan du Toit by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 082-681-5122 (kantoorure).

~*~


‘Die eggo van jou oë’ is die naam van Jannie du Toit en Susan Mouton se vertoning op Saterdag 20 Augustus by Mem’re in Cullinan. Hulle verf in dié program met die klankkleure wat die kombinasie van tjello, kitaar en stem kan bied. Jannie sing sy eie liedjies, maar ook gunstelinge uit sy jeugjare soos liedjies uit die FAK, van die Beatles, Peter Sarstedt en John Denver. Daarby kom enkele instrumentale werke vir tjello en kitaar. Op Vrydag 26 Augustus om 6 nm hou Mem’re ‘n buitelug bioskoop. ‘Uitvlucht’, ‘n Regardt van den Bergh-film, word gewys en kaartjies kos R70. Kinders onder 12 jaar betaal R20. Neem ‘n kampstoel en piekniekmandjie saam en ontmoet vir Reghardt en Clara. Bespreek by Sue: 076-250-9588 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Flair Baba- en Kleutermark is van 26 tot 28 Augustus by The Collection langs Woodlands Boulevard. Hier word kreatiewe goedere vir babas en kleuters uitgestal en kinders kan speel terwyl ma rondsnuffel en pa ’n bier drink. Eetgoed is ook beskikbaar. Ware wat uitgestal word strek van linne en dekor vir die babakamer, babakos, speelgoed, klere, bykomstighede, doeksakke, skoene en opvoedkundige speelgoed. Die mark is op die Vrydag en Saterdag van 9 vm tot 5 nm en op die Sondag van 11 vm tot 3 nm in Boendoeweg 2021, aan die linkerkant ná Woodlands Boulevard op pad na Mooikloof. Skakel 012-993-3638 of 082-785-7987.

~*~


’n Verlowingskursus word op 26 Augustus om 6 nm by Doxa Deo Oos-Kampus aangebied. Onderwerpe wat in die kursus behandel word strek van kommunikasie, persoonlikheidsprofiele en konflikhantering tot finansies en skoonfamilie. Die kampus is op die hoek van Atterbury- en Olympusweg. Skakel 012-991-3883.

~*~


Theuns Jordaan tree op 3 September om 7 nm by Weiveld op. Die voorprogram is deur Jacques du Plessis. Theuns sing liedjies wat hy self skryf, sowel as dié van bekende liedjieskrywers soos Koos du Plessis, Johannes Kerkorrel en David Kramer. Sy eerste twee albums het dubbel platinumstatus verbygesteek. Weiveld is op die hoek van Lynnwoodweg-verlenging en die Boschkoppad in Zwavelpoort. Kaartjies kos R150. Bespreek by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


España 2016 is op 3 September om 3 nm en 7 nm en 4 September om 3 nm by Atterburyteater. Helena en Maria Lorca Montoya en hulle leerlinge, professionele dansers en gaskunstenaars Rosa Jiminez (Rosa Jiminez Spanish Dance Theatre) en Che Adams (Tierra Flamenca) bied dié energieke Spaanse Dans-samewerking aan. Kaartjies kos van R150 tot R180. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-471-1700/2. 

~*~


‘Bonjour Monsieur Brel’ is die naam van die opvoering op 4 September om 2 nm by Barnyard-teater Parkview. Jannie du Toit sing en speel kitaar; Susan Mouton speel tjello en klavier; en Coenraad Rall speel klavier en akkordeon. In dié nuwe verhoogprogram word Jacques Brel se beeldryke tekste in vier tale gesing. Jannie is dekades reeds ’n hoog aangeskrewe Brel-vertolker. Sy eerste vertolkings van Brel was in 1988 in ‘Van Berlyn tot Bapsfontein’ saam met Laurika Rauch. Brel speel sedertdien ’n rol in aanbiedinge soos ‘De Kleine Man’, ‘Jannie en die Tannie’ saam met Christa Steyn en ‘Brel in Brooklyn’. Kaartjies kos R140. Die teater is op die hoek van Garstfonteinweg en Netcarestraat, Moreleta Park. Skakel 012-368-1555.

~*~


Lentedag word op 7 September vanaf 10 vm by die Pretoriase Nasionale Botaniese Tuine in Cussonialaan 2, Brummeria gehou. Daar gaan twee musiek-verhoë wees, ‘n 10 meter lange kroeg, ‘n spelpark, waterglybaan, baie aktiwiteite, gratis weggeegoed en ’n gratis bus-pendeldiens. Toegang is R150 by die hek. Geen kinders onder 18 word toegelaat nie. Skakel 012-843-5172.

~*~


Moenie vergeet van Cullinan se Sprokiesfees nie. Dié fees word van 8 vm tot 3 nm op Saterdag
27 Augustus deur die Premier Hervormde Kerk Cullinan aangebied. Daar gaan ‘n basaar wees, speletjies vir kinders, vetkoek, pannekoek, kerrie en rys, tuisgebakte brood, nagereg en koeksisters. Die kerk is in Zonderwaterweg oorkant die landdroskantoor. Bel Alta by 082-682-1252 of Dina by 082-410-6823.

~*~


Alain Nortje stal tot 31 Augustus uit by ArtBox Galery in Barnardstraat 858, Elarduspark.
Hy skilder landskappe en sê dat hy geen bepaalde styl het wat hom aan bande lê nie. Sy inspirasie kom uit die lewe self, wat uit soveel verskillende fasette bestaan. Daarom werk hy in verskillende media. Hy skilder in akriel en olie en gebruik ook Perspex, gouache op papier en gemengde media. Simboliek speel ‘n groot rol in sy werk. Sy gebruik van doringdraad in landskappe is doelbewus simbolies. Alain het deur sy loopbaan talle toekennings ingepalm en pryse gewen, Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig en sy kunswerke pryk in talle kunsversamelings. Bel Etienne van Zyl: 083-384-2402.

~*~


Die Cowhouse mark in Hazeldean is elke Saterdag en Sondag van 10 vm tot 4 nm. Toegang tot dié fynproewer kos en handwerk mark is gratis en die parkering en vermaak, insluitende groot speelareas vir kinders, is ook gratis. Die mark is op die hoek van Ridgeweg en Oukraal Boulevard. Skakel 072-399-0154.

 

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online