Vier 14 jaar saam met die Bronnie! PDF Print E-mail
News - Kommentaar
Tuesday, 23 August 2016 20:25
Untitled Document

In September word Die Bronberger ‘n volronde 14 jaar oud en ons vier die verjaardag geesdriftig en met dankbaarheid deur ‘n baie spesiale gedenkuitgawe die lig te laat sien.

‘n Bul van ‘n Bronnie word beplan en ons sou graag soveel moontlik adverteerders en lesers deel daarvan wil maak. As ons verjaardaggeskenk aan julle, vergroot ons die oplaag aansienlik om groter blootstelling teen geen ekstra koste nie, aan ons gewaardeerde adverteerders te gee.

Ons wil almal wat in die afgelope 14 jaar gereeld of net soms in Die Bronberger geadverteer het, nooi om ons verjaardag saam met ons te vier. En as jy nog nooit in die Bronnie geadverteer het nie, bied ons verjaardag-uitgawe die ideale geleentheid om nuwe voete nader te lok. In die jare wat dié een voorafgegaan het, is ons verjaardag-uitgawes in September telkens goed ontvang en baie goed ondersteun.

Jou advertensie gaan in ’n versamelstuk verskyn wat ons lesers soos ’n kosbare besitting bewaar en in terug blaai oor baie maande heen.

Ons leser-vriende kan vir ons ’n brief skryf oor dié dinge wat vir hulle in die afgelope publikasiejaar uitgestaan het. As iets met jou gebeur het, jou gepla het, of as iets jou bly, kwaad, skaam, hartseer, knorrig, dankbaar of wat ookal gemaak het, sit pen op papier of vingers op sleutelbord en deel dit met jou mede-Bronbergers.

Ons is trots daarop dat die Bronnie, as onafhanklike publikasie, nou sy 15e bestaansjaar betree.

Ons is trots en ons is dankbaar vir die volgehoue ondersteuning uit die gemeenskap wat ons dien. Om ’n onafhanklike glanstydskrif sonder die rugsteuning van enige groot korporatiewe- of ander organisasie uit te gee en oor 14 jaar heen stewig te bly staan en gesond te groei, sou ons nie alleen kon vermag nie. Dankie.

Bespreek jou plek vroegtydig om deel van die Bronnie se spesiale gedenkuitgawe te wees:
Kontak Tania by 072-089-0227 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Skakel ons landlyn by 012-734-0522 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online