Luister na die Bronnie se toekaboekstories PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Tuesday, 23 August 2016 20:21
Untitled Document

Verhale uit die Bronnie se koffietafelboek, ‘Toeka se Dae – Die Karakters’, het ‘n radioreeks oor Pretoria FM geword.

Omroeper Martin Jansen het die Bronnie se Angie Kleijn gevra om stories oor karakters uit die boek te vertel. Die reeks, ‘Stories uit Toeka’, kan elke Dinsdagmiddag kwart oor twee gehoor word. Dit vorm ‘n insetsel in Martin se aanbiedingstyd tussen 2 en 4 nm.


Martin Jansen en Angie Kleijn in die Pretoria FM opname-ateljee

Die fokus is op die kleurvolle karakters van meer as ‘n honderd jaar gelede: van waaghalse, grootpraters en mynmagnate tot spookstories, gruverhale en skinderstories oor ou Pretoria se eerste inwoners.


‘Toeka se Dae – Die Karakters’

‘Toeka se Dae – Die Karakters’ kos R295, koerier- en poskostes uitgesluit. Die boek is beskikbaar by die Bronnie se Cullinan-kantoor: skakel 012-734-0522.  Tania Potgieter lewer boeke aan mense in die oostelike hoewegebied. Bel haar by 072-089-0227.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online