Zwavelpoortse verhale op TV Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 23 August 2016 22:09
Untitled Document

Die Van Rooyen-gesin van Zwavelpoort se Sonskynwoud-verhale is as ‘n nege-episode TV reeks op kykNET uitgesaai.

In November 2014 het ons berig dat die Van Rooyens van Zwavel’s Nest doenig is met die opneem van CD’s en DVD’s oor Sonskynwoud, ’n plek waar kinders van hulle self en van die Bybel leer, en kan deel in ‘n voorskoolse kurrikulum.

Ronéll en Pierre van Rooyen en hulle dogtertjies, Anke en Sioné, het lewe gegee aan die stories en liedjies uit Sonskynwoud en sy wouddiertjies. Dié is Pollie Papegaai, Chompie Sjimpansee en Skillie Skilpad, wie se stemme deur Pierre gedoen word.


Zwavelpoort se Van Rooyen-gesin: Ronéll, Pierre, Anke en Sioné

Ronéll is Roffels Rot en Hessie Hasie. Apie Aapstert en Emmie Eekhoring word deur Anke vertolk en Oscar Ottertjie en Mietsie Muishond deur Sioné.

Anke en Sioné was in 2013 met die begin van die produksie tien en agt jaar oud en het dit geniet om saam met hulle ouers as poppekas-hanteerders, stemkunstenaars, sangers en akteurs op te tree.

Daar is ook gekonsentreer op suiwer Afrikaans en geen woorde uit Engels word gebruik nie, al is dit vandag se modegier.
 

© 2020 Die/The Bronberger