Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 23 August 2016 22:08
Untitled Document

Die jaarlikse Plaasfees is op Saterdag 3 September by die Willem Prinsloo Landboumuseum.
Mense kan kyk na ploegdemonstrasies, die afdop van mielies, maal van meel, baal van hooi, braai van kaiings, tradisionele broodbak, die melk van koeie en kan ‘n regte ou plaaswerf met al sy diere ervaar.

Besoekers kan uitsien na verskeie skoue, ‘n veteraantrekker en -enjin uitstalling, kinderspeletjies, ‘n biertuin, kunstenaar-optredes en ‘n verskeidenheid kraampies.


‘n Trekker ry verby die Plaasfees se kraampies

‘n Toer van die opstal uit 1880 kan meegemaak word en piekniek- en braaigeriewe, ‘n restaurant en kampeergeriewe is beskikbaar.

Die museum is op die ou Bronkhorstspruitpad. Vir meer inligting skakel 012-736-2035/6 of stuur ’n
e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2020 Die/The Bronberger