Melissa is gebore om perd te ry Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 23 August 2016 22:06
Untitled Document

Die sewejarige Melissa van der Merwe het begin perdry toe sy net 12 maande oud was. Sy het dié jaar die eerste keer aan skole-skoue begin deelgeneem en het nege eerste plekke, twee tweede plekke en vyf derde plekke in die Sanesa-skoue behaal.


Stalkneg Patrick lei Melissa op Pasella ná ‘n suksesvolle vertoning

Melissa ry by Liberty Stalle op Mooiplaats en stalle-eienaar, Juanita Jamneck, sê daar was net vier Sanesa- skoue in die eerste ses maande van die jaar. “Die ouer kinders kan kwalifiseer vir Gauteng-spanne, maar die kleintjies neem maar net deel vir die lekker,” sê Juanita.


Melissa, Pasella en Patrick met die rosette wat hulle ingepalm het

Melissa het deelgeneem aan dresseer (twee klasse), ‘performance riding’ en ‘working riding’ – daar is ongelukkig geen erkende Afrikaanse vertaling vir dié kategorieë nie, sê Juanita.


Melissa en Pasella met Patrick wat toekyk

“Ons is baie trots op haar,” sê Melissa se ma, Sasja van der Merwe. Sy het Laerskool Lynnwood op die skoue verteenwoordig. Haar ponie se naam is Pasella en haar stalkneg, wat ook ’n belangrike rol in die goeie prestasies gespeel het, se naam is Patrick.

 

© 2020 Die/The Bronberger