Louie laat leemte Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 23 August 2016 22:03
Untitled Document

‘n Bekende en beminde inwoner van De Tweedespruit, Louie Wessels, is op 3 Augustus skielik oorlede. Louie, 70, is die oggend in die hospitaal opgeneem waar sy later die dag gesterf het.

Sy sal deur die omgewing se mense onthou word vir haar humorsin, uitgelate lag en goeie hart.


Louie Wessels

Louie laat ‘n seun, Corné, en dogter Lientjie Wessels agter. Lientjie is ‘n bekende kunsskilder en koskenner. Sy en haar man, Robert Denton, woon ook op die De Tweedespruitplaas waar Louie gebly het.

Volgens Lientjie was Louie ‘n wonderlike ma en ouma vir Corné se twee kinders, Helen en CG Wessels. Sy laat ‘n groot leemte en baie mooi, asook snaakse, herinneringe, sê Lientjie.

 

© 2020 Die/The Bronberger