Elbert Steyn is een van die
Laerskool Witpoort se beroemdste
leerlinge. Die outjie
mag dalk nog in sy tjokkerskoene
staan, maar daar is min kinders in
die land wat braaf genoeg sal wees
om dié stoeikampioen aan te vat.
Selfs in Duitsland en Rusland loop
sy mededingers maar doekvoet om
hom.
Elbert het reeds in 2006 ’n hele
klomp internasionale toernooie
gewen op ’n toer vanaf Duitsland
tot Oos-Europa in die hartjie van
die stoeiwêreld. Hy was die enigste
Suid-Afrikaner wat onoorwonne
teruggekeer het.
 Elbert Steyn
by sy menige
trofeë
Sy segetog het wenplekke in die
volgende toernooie ingesluit:
Grand Prix in Leipzig; Internasionale
Philippp Seitz Jurgendturnier
in Kleinostheim; Nikolaus Turnier
in Luckenwalde; en Rhein Main
Neckar Turnier in Ludwigshafen.
Dié boerseun uit die suidelike halfrond
het in Julie vanjaar toe die
Russe aangevat. Elbert het teen
nege kampioene uit Rusland se
Dagestan en Oos-Europa meegeding.
Dagestan is die sterkste
Russiese stoeibond wie se klubs
ook die meeste wêreldkampioene
huisves.
Hy het teen Abdurakhamanov
Abdurakhman Magaromavich, wat
een jaar ouer as hy is, te staan
gekom en het hom in twee toernooie
genoop om ’n derde rondte
te stoei.
Elbert het vanjaar die volgende
provinsiale toekennings gekry:
beste o/11 stoeier van die jaar;
president stoeier van die jaar;
mees wetenskaplike o/11 stoeier;
en meeste Mpumalanga kampioenskappe
en hoogste punte behaal.
Elbert het ook ’n rits uitnemende
toekennings ontvang soos dié vir
die outjie wat die meeste proewe
en kampioenskapswedstryde
gewen het en die hoogste punte
totaal. Hy is gekies as die president
stoeier van die jaar (ouderdom
onbeperk), het erkenningstrofeë
ontvang van die twee Suid-Afrikaanse kampioenskappe in
2008 asook ’n individuele trofee
vir sportman van die jaar.
Aletta, Elbert se
13-jaar oue suster, is
verantwoordelik vir
sy krag- en fiksheidsoefeninge
wat sy drie
dae per week in hom indril. |