Lente vol beloftes Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 23 August 2016 21:49
Untitled Document

Sandra van Staden van Wonderboom-suid skryf:
Dankie vir die Bronnie met die uitstekende voorbladfoto in Julie.

Lente vol beloftes bring hoop en vreugde weer. Daar is skoonheid oral om ons, om te sien en te waardeer op ’n daaglikse basis.

Al voel ’n mens soms hoe mismoedig, kry ons weer nuwe krag wanneer ons al die bome gaan sien in splinternuwe drag. Wanneer ons na die blomme kyk met hulle blomme-ogies wat bly opkyk na die Heer het ons almal iets om voor dankbaar te wees, want so herinner God ons: “Hef jou oë op na My”.

So, met elke seisoen het ons ’n groter geleentheid om met God te versoen. Kom ons geniet die pragtige lente wat net om die draai is.

 

© 2020 Die/The Bronberger