Help ons, asseblief PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 23 August 2016 19:47
Untitled Document

Anette Bennett van Cullinan skryf:
Met verwysing na ‘Sentrum het hulp nodig’ in Die Bronberger se Julie-uitgawe:  

Ai jong, soos wat Die Bronberger op die rakke gekom het, het die staat by die nuut-gestigte Siyabadinga Elderly and Disabled Project in die Cullinan Care and Rehabilitation Centre ingestap en oorgeneem.

Hulle het met polisie ons mense daar uit, en ek weet nie wie nou na die pasiënte omsien nie. My kind het ‘n aanval daar gekry en met groot gesukkel het ek agtergekom dat hy geen medisyne kry nie!
Al die skenkings is gekonfiskeer en ons weet nie waar die klere, beddegoed of enige iets heen is nie.

Solidariteit het ingespring en ‘n hofsaak teen die staat gemaak. Intussen slaap pasiënte op die vloer, word brandmaer, seerplekke bly onversorg en ‘n lid van die paramedici het my gebel omdat sy dit nie meer kan hanteer nie. Daar is al twee pasiënte oorlede.

Die hofsaak het plaasgevind en uitspraak is gemaak. Die landdros het net ingekom en gesê hulle gooi die ouers se saak uit met kostes, sonder ‘n rede hoekom. Solidariteit se prokureurs gaan appelleer oor die uitspraak.

Meeste ouers het hulle kinders daar verwyder, maar ons weet nie waar die goed is wat geskenk is nie.

Die staat aanvaar glo nie skenkings nie.

Ek het heelwat oproepe ná my skrywe in die Bronnie gekry en wil vir almal baie dankie sê. Aan almal wat my gebel het, hou net ‘n bietjie aan, ons maak planne om ‘n huis te huur en ‘n lisensie te kry.

As iemand ons hiermee kan help, bel my asseblief. Anette: 083-650-9922.

 

© 2019 Die/The Bronberger