Toekaboek-stories oor radio te hore PDF Print E-mail
News - Toeka se dae
Tuesday, 26 July 2016 04:02
Untitled Document

Verhale uit die Bronnie se koffietafelboek, ‘Toeka se Dae – Die Karakters’, word vanaf 2 Augustus op Pretoria FM uitgesaai.

Omroeper Martin Jansen het die Bronnie se Angie Kleijn gevra om stories oor karakters uit die boek te vertel. Die reeks, ‘Stories uit Toeka’, gaan oor drie maande elke Dinsdagmiddag kwart oor twee uitgesaai word.


Angie Kleijn en Martin Jansen in Pretoria FM se opname-ateljee

Pretoria FM gaan oor die drie maande uitsendingtyd saam met elke week se storie ‘n foto van die karakter op hulle Facebook-blad plaas sodat luisteraars ‘n gesig by die verhaal kan sit.

‘Toeka se Dae – Die Karakters’ met sy lekkerlees stories sal enigiemand, met of sonder ‘n belangstelling in die geskiedenis, boei.

Die fokus is op die kleurvolle karakters van meer as ‘n honderd jaar gelede. Lees meer oor waaghalse, grootpraters, mynmagnate en luister na spookstories, gruverhale en skinderstories oor ou Pretoria se eerste inwoners.


‘Toeka se Dae – Die Karakters’

‘Toeka se Dae – Die Karakters’ kos R295, koerier- en poskostes uitgesluit. Die boek is beskikbaar by die Bronnie se Cullinan-kantoor: skakel 012-734-0522.  Tania Potgieter lewer boeke aan mense in die oostelike hoewegebied. Bel haar by 072-089-0227.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

© 2016 Die/The Bronberger
Powered and hosted by Bronberg Online