TLU Sentraal Streek is op soek na die volgende grondeienaars oor grondeise gepubliseer vir die eiendomme: Tiegerpoort 371 JR gedeeltes 2, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 46, 47, 50, 51 en 54. Stuur ‘n e-pos vir besonderhede na
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
Die Tshwane Geboue-erfenisvereniging besoek die nuut gerestoureerde Sonop Koshuis, wat vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier, op Saterdag 23 Julie om 10 vm. Danie Slabbert, voorsitter van Sonopraad en restourasie-komiteelid, gaan praat oor die koshuis se ontstaan en geskiedenis. Jaco Minnaar, restourasie-argitek, gaan meer vertel oor die restourasieproses wat die afgelope jaar daar plaasgevind het. Na verversings is daar tyd om oor die terrein te stap en na hartelus te fotografeer en te skaterlag oor studente-humor en skerpsinnigheid. Bespreek by Janine van der Merwe: 082-458-2623 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Die besoek kos R80.
~*~
Ons hoor daar is ‘n hardebaard storie-aand met generaal Chris Thirion, voorheen van Die Werf, soos in die ou dae, gehou. Blos is deesdae bedrywig op die ou Olympus-hoewe waar Chris sy restaurant sedert die jare her bedryf het, maar op 29 Junie het Chris weer sy eie kontreikos daar bedien.
~*~
Die Rooi Lorrie Pub & Grill hou op 13 Augustus vanaf 10 vm fees. iFest is ‘n samewerking tussen musiekliefhebbers en sakevennote wat die musiekbedryf goed ken. Kunstenaars sluit wenners en genomineerdes vir die top Sama en Ghoema musiektoekennings in. Hulle is: Jack Parow; Francois van Coke; Georgetown; The Lectric Monks; The Ice Project; Kobus de Kock Jnr; Naas Veld; Jaco Mans; Stiaan Reynierse; Saarkie; Tuin; Bobbejaan DJ’s en DJ Lizzy. Kaartjies kos R150, maar diegene wat vroeg bespreek betaal R120. Die Rooi Lorrie is op die Ou Bronkhorstspruitpad (R104), plot 6, Donkerhoek. Skakel 012-940-6799.
~*~
Die Premier Hervormde Kerk Cullinan bied ‘n Sprokiesfees aan op Saterdag 27 Augustus van 8 vm tot 3 nm. Daar gaan ‘n basaar wees, speletjies vir kinders, vetkoek, pannekoek, kerrie en rys, tuisgebakte brood, nagereg en koeksisters. Vrydagaand 26 Augustus is ‘n pap-en-kaiings-aand. Die kerk is in Zonderwaterweg oorkant die landdroskantoor. Bel vir Alta by 082-562-9860 of Dina by 082-410-6823.
~*~
Die Zwavelpoortse Cedar Junction hou karnaval op Dinsdag 9 Augustus van 9 vm tot 3 nm. Die dag behels ‘n nar-optrede, karnavalspeletjies met pryse, Mickey en Minnie Muis, XTreme vuurpyl valskerm, gesigverf en kuns en handwerk vir kinders. Marcato sorg vir die musiek en daar is koffie, bier, wyn en eetgoed. Toegang is R30 vir volwassenes, R120 vir kinders en R70 vir kleuters tussen een en drie jaar oud. Cedar Junction is op plot 404, Lynnwoodweg-verlenging. Skakel 012-811-1183.
~*~
Sangeres Nádine tree op 30 Julie vanaf 7 nm op by Weiveld. Sy het haar agtste album, ‘As jy wonder’, vrygestel. Vir die eerste keer het sy self lirieke vir baie van die liedjies op dié album geskryf. Toe sy verlede jaar begin opneem het, is sy met nodules op haar stembande gediagnoseer en moes haar stem laat rus. Sy en vervaardiger, Steve Taylor, het vir 10 maande aan die album gewerk en Nádine sê dat haar stemband-probleme iets van die verlede is. Weiveld is op die hoek van Lynnwoodweg en die Boschkop-pad in Zwavelpoort. Kaartjies kos R70. Skakel 071-471-6698.
~*~
Die volgende Poort Kunsuitstalling is op 2 September by MyAula in Tierpoort. Kunstenaars word uitgenooi om hulle kunswerke op 27 Augustus tussen 9 vm en 5 nm in te skryf. Inskrywingsvorms kan aangevra word van
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Bel Mariet van Niekerk by 082-787-0213.
~*~
Wet Nose’s annual Homeless Animals Day is on 27 August from 9 am to 3 pm. Besides the usual fun walk with an obstacle course for dogs and humans, this year there will also be a horse show, which includes tricks and agility with Wet Nose’s own horses. You can look forward to food and beer tents, flea market stalls, a play park for children, dog shows, fun challenges for the public and live entertainment by DJ TTT. Entrance fees are R20 per adult and children under 12 go in for free. Wet Nose Animal Rescue Centre is on plot 75, Old Bronkhorstspruit Road, Vaalbank. Phone them at 013-932-3941.
~*~
‘Poppemeester – ’n Huldeblyk aan Ingrid Jonker’ is ’n multi-media aanbieding oor die werk en lewe van digter Ingrid Jonker wat op Vrydagaand 29 Julie om 8 nm by Asbosteater aangebied word. Musikant Lizanne Barnard gebruik argief klanksnitte waarin ’n mens Ingrid self hoor praat. Toonsettings van haar gedigte en ander musiek word kunstig verweef met vertellinge en visuele effekte om 'n intieme kykie in die lewenswêrelde van twee vroue te bied. Lizanne, ’n ATKV Crescendo-wenner, het haar solo album ‘Mis voor die Son’ in Oktober 2015 bekendgestel. Kaartjies kos R120. Asbosteater is by Karoo Kafee op die hoek van Albethstraat en Lynnwoodweg, Die Wilgers. Bel Marica: 082-564-0999.
~*~
Die gedugte tweemanskap, Theuns Jordaan en kitaarspeler Anton L’Amour, tree op 1 Augustus om 8 nm by die Parkview Barnyard-teater op. Met vyf solo-albums en verkope van meer as een miljoen, spog Theuns met die hoogste gemiddelde verkope per album in die land. Die teater is op die hoek van Garstfonteinweg en Netcarestraat, Moreleta Park. Kaartjies kos R160. Skakel 012-368-1555.
~*~
Steve Hofmeyr tree op 5 Augustus vanaf 9 nm by Rafters op. Kaartjies is R150 en bespreking is noodsaaklik. Skakel 082-600-3469. Rafters is op die hoek van Blesbokstraat en Garstfonteinweg-verlenging, oorkant Mooikloof.
~*~
KuierKraft inni Boorde is die naam van die bierfees wat op 30 Julie in Tierpoort gehou word. Die fees is van 10 vm tot 5 nm op plot 99, Tierpoort by Shokran. Daar gaan ook deli-soorte kos verkoop word en besoekers kan luister na musiekoptredes. Kaartjies is R120 vir volwassenes, R50 vir kinders onder 18 jaar en kinders 11 jaar en jonger kan gratis ingaan. Skakel 082-335-5659.
~*~
Mathys Roets tree op 6 Augustus om 8 nm in Bashewa op. Die vertoning en buffet-ete by Amatola is R290. Dit kos R130 ‘n persoon vir diegene wat net die vertoning wil sien. Bespreking is noodsaaklik. Bel Dola Geyer by 083-373-9428. Amatola is op plot 194 Bashewa, uit met Garstfonteinweg-verlenging.
~*~
Die tweede BoekeJol en FilmRolfees word van 18 tot 21 Augustus by Atterbury-teater aangebied. Skuur elke dag vanaf 10 vm skouers met bekende en gewilde skrywers, wat hulle kundigheid met die publiek gaan deel. Die fees word deur Milestone Events gereël. Eienaar, Dia van Staden, is ook die aanbieder van die weeklikse boekegesprek op kykNET se Groot Ontbyt. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood. Skakel 012-471-1702.
~*~
Nataniël hou op 27 Julie konsert om geld in te samel vir die Bramley Kinderhuis. Die konsert begin om 8 nm by Utopia Place, op die hoek van Curalaan en Lynnwoodweg, Equestria. Kaartjies kos R350 en sluit ‘n verwelkomingsdrankie en sop vooraf en tee en koffie ná die tyd in. ‘n Kontankroeg is beskikbaar. Praat met Hanlie Delport: 012-460-9236 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~~*~~
Geniet ‘n gesellige aandjie met winterkos en uitsonderlike wyn by Lakelands Aarbeiplaas in Tierpoort se wynproe saam met Perdeberg Wyne op 25 Augustus, 6.30 nm vir 7 nm. Besprekings sluit 11 Augustus. Skakel 072-942-5111. |