Ouers maak harte oop vir Reece PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 26 July 2016 03:34
Untitled Document

Witpoorters het geld ingesamel om ’n 11-jarige seun se mediese onkoste te help dek.
Reece Trumpelmann is met ‘n geneties oorerflike toestand, Gorlin Goltz-sindroom, gediagnoseer.


Anita Botha, Reece Trumpelmann en skoolhoof, Michael Combrink
Foto: Laurette van der Vyver

‘n Fondsinsameling is op 23 Junie by Laerskool Witpoort gehou om Reece te help en R10 200 is deur die skool se ouers geskenk. Skoolhoof Michael Combrink het die fondse aan Reece se ma, Marsha Trumpelmann, oorhandig.

Gorlin Goltz-sindroom is ’n rare genetiese kondisie wat defekte in verskeie liggaamstelsels, soos die vel, senuweestelsel, oë, endokriene-stelsel en bene, insluit.

 

© 2019 Die/The Bronberger