Fietsry vir oud en jonk Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 26 July 2016 05:33
Untitled Document

Laerskool Witpoort hou op Saterdag 20 Augustus ‘n fietsrydag vir oud en jonk. Daar is ‘n 60 km,
30 km, 10 km en 5 km roete en vir die kleinspan is daar selfs ‘n skopfiets-resies.

Almal is welkom om in te skryf. Neem die hele gesin saam vir dié landelike uitstappie. ’n Mens kan verversings in die teetuin geniet en kyk wat die vlooimark-kraampies alles bied.


Só lyk ‘n landelike bergfietswedren

Inskrywings kan gedoen word op die webblad: http://www.bouttime.co.za/events/20160820.aspx. Vir meer besonderhede bel vir Caroline by 072-206-3401 of stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Laerskool Witpoort is uit met Garstfonteinweg-verlenging, verby die kruising met die Bapsfontein-Bronkhorstspruitpad (R25).

 

© 2020 Die/The Bronberger