NG Tygerpoort vier 35e verjaardag Print E-mail
News - Ons Mense
Tuesday, 26 July 2016 05:32
Untitled Document

Die gemeente van die NG Kerk Tygerpoort vier hulle 35ste verjaardag met ‘n reeks gebeure van 19 tot 28 Augustus.

Tygerpoort Gemeente het destyds met 545 lidmate van Skuilkrans Gemeente afgestig en die kerkgebou se hoeksteen is op 23 Augustus 1981 gelê. Die gemeente het toe uitsluitlik uit landbouhoewes bestaan. Intussen was daar heelwat ontwikkeling in die omgewing en daar is vandag meer as 3 000 lidmate.


Dr Danie Dreyer sê totsiens

Ter viering van dié mylpaal word die Tygerfees op 27 Augustus van 7 vm tot 1 nm op die kerkterrein gehou. Dit word voorafgegaan deur ‘n Mathys Roets optrede op 19 Augustus om 7 nm by die gemeente se enRoute Teater en nagmaal op 22 Augustus om 8 vm en 10 vm.

Dr Danie Dreyer se afskeidsdiens is op 28 Augustus om 9 vm in die Laerskool Tygerpoort-saal en daar is ‘n gemeente-ete op 28 Augustus om 11.30 vm in die enRoute Teater.


Mathys Roets lewer ‘n vertoning

Kaartjies vir dié ete en vir Mathys Roets se optrede is by www.ngtyger.com beskikbaar.

Vir meer inligting skakel 012-809-0107, 012-809-0445 of 086-653-0766. NG Gemeente Tygerpoort is in Henrylaan 51, Shere.

 

© 2020 Die/The Bronberger