Wie was Walter? Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 26 July 2016 05:12
Untitled Document

Petro Lemmer van Pienaarspoort skryf:
Ek het groot waardering vir julle uitstekende artikel oor die Irene konsentrasiekamp asook die opvolg-artikel deur Nico Pohl oor die dogter, Chrissie Pohl, wat ook in daardie kamp oorlede is.

‘n Paar jaar gelede moes ek ‘n plantopname langs die beplande roete vir die K105 verbypad doen wat in die veld oos van die Irene spoorlyn loop. Oorkant die Irene kampkerkhof in die dolomiet grasveld het ek in ‘n bos doringbome op ‘n hele aantal baie ou grafte van swart mense afgekom en gewonder of daar van hulle ook in ‘n konsentrasiekamp dood is.


Die wit porselein gedenkplaat met die naam ‘Walter F Short Govt: Land Surveyor’

Tussen die ou kopstene was daar ‘n wit porselein gedenkplaat met die naam ‘Walter F Short Govt: Land Surveyor’. Ek wonder of dit ‘n familielid was van majoor Walter F Short wat saam met ene maj NG Huntley die “1st Field Survey Company” na Kenia gelei het in opdrag van die SA regering. (Scientia Militaria, ‘South African Journal of Military Studies’, Vol 32, Nr 1, 2004.)

Ek wonder wat die geskiedenis is van die plaat. Kan een van julle lesers dalk lig werp op die saak? Ek sou ook graag meer wil weet oor waar die duisende swartes wat in die konsentrasiekamp dood is, begrawe is.

 

© 2020 Die/The Bronberger