Soek Bronnies by reservaat PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 26 July 2016 03:10
Untitled Document

Louise Kritzinger van Vriende van die Faerie Glen Natuurreservaat skryf:
Dit was ’n groot verrassing toe ek hierdie maand die Bronnie oopmaak en sien dat julle ons indringer ‘hack’ en geologiestappie vir Julie in julle uitgawe geplaas het. Baie dankie hiervoor – ek het ’n paar belangstellende oproepe ontvang oor die geologiestappie. 

Ek weet julle kan nie ’n gedrukte Bronnie aan elke Pretorianer verskaf nie, maar ek het gewonder of julle dit nie sal oorweeg om die Faerie Glen Natuurreservaat te gebruik as ’n verspreidingspunt nie.

Dit sal baie gepas wees omdat dit die mees westelike punt van die Bronberg is. Ek het reeds toestemming gevra by Adelene Marais van Tshwane Natuurbewaring streek ses en sy het ingestem.

Die ingangsgebou by die Faerie Glen Natuurreservaat is toeganklik vir die publiek van 6 vm tot
6 nm, sewe dae ’n week en daar gaan baie voete daardeur. Ek is seker julle Bronnies sal opgeraap word deur die besoekers aan die reservaat.

Ek kan sien aan die mense se skrywes dat die aanvraag hoog is, so ek wil julle nie druk nie.

 

 

© 2019 Die/The Bronberger