Harte klop warm PDF Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 26 July 2016 03:06
Untitled Document

Estelle Raath van die Bronberg-gebied skryf:
Op Saterdag 25 Junie het ‘n klompie entoesiastiese Bronbergers die koue trotseer om by Casablanca Manor in Rietfontein na ‘n baie insiggewende praatjie van prof André Buys oor die Slag van Donkerhoek te gaan luister.


Britse Infanterie by die slag van Donkerhoek
Foto: Scientia Militaria

Prof Buys het ‘n indrukwekkende en aanskoulike prentjie vir ons geskilder van die Boere se vernuf, kompleet met dramatiese kanonskote, geweervuur en gejaag van berede soldate. Dit het omtrent gevoel of ons midde in die slagveld staan.

Baie dankie prof vir die lesing wat almal van ons se Boereharte weer warm laat klop het.

Onder prof Buys se aanvoering is daar so pas ‘n oorlogsgedenkteken by Sable Hills opgerig.

 

© 2019 Die/The Bronberger