Boek oor sjarmante spioen Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 26 July 2016 05:01
Untitled Document

Jaap Rabie skryf:
‘Die sjarmante spioen wat Kitchener gesink het’ in Die Bronberger se Januarie 2013 uitgawe: In Junie 2013 het julle ’n opvolg-beriggie geplaas toe ek ’n fiksie boek begin skryf het oor die Boerespioen, die Swart Luiperd.

Ek het toe gedink die boek sal binnekort klaar wees, maar dit is ’n komplekse boek en dit is pas eers klaar. ’n Jaar gelede het ek darem ook ’n uitgewer gekry wat hopelik nie te lank sal neem met redigering, ens nie. Die omslag is ook reeds ontwerp.

As julle belangstel kan ek dalk ’n paar flitsies stuur.

Ons het vir Jaap laat weet dat hy welkom is om meer inligting oor sy boek te stuur. – Red

 

© 2020 Die/The Bronberger