Nico Pohl van Donkerhoek deel die sketse van 'n verlangse familielid van hom, Chrissie Pohl, wat as 'n 15-jarige tiener in die Irene Konsentrasiekamp dood is.
Nico Pohl
Iemand het my julle Maart-uitgawe met Angie Kleijn se uitstekende artikel oor Irene se ‘moordkamp’ daarin in die hand gestop. Dit was inderdaad 'n moordkamp en dit is dus heeltemal te verstane dat die Britse magte die werklike sterftesyfer in hulle konsentrasiekampstelsel as 'n geheel bitter graag sou wou verbloem.
Dié nota, gedateer 15 November 1886 in Port Elizabeth, sê dat Chrissie op 13 November 1886 deur (woord onduidelik) I Paterson gedoop is
Ook geen wonder nie dat prof AWG Raath van die Vrystaatse Universiteit en Elria Wessels van die Oorlogsmuseum se nuutste navorsing bevind het dat 34 000 (and counting!) en nie 27 000 Boeremense soos voorheen gemeen is nie, daar dood is.
’n Nostalgiese sketsie wat Chrissie in die kamp gemaak het van haar kleintyd op hulle familieplaas |
‘n Potloodskets van beter dae, soos deur ’n konsentrasiekampkind onthou |
Een van die Britte se slagoffers is 'n verlangse familielid van my, Christiana Johanna Ferreira Pohl, wat as 'n 15-jarige tiener op 24 Januarie 1902 in Irene-kamp dood is waar sy en haar gesin gevange gehou is.
Nog ‘n vergete sketsie van die familieplaas wat waarskynlik afgebrand is
Chrissie is nommer 715 op die kamp se sterftelys. ’n Niggie en nefie van haar, Ethel Brockett en Petrus van Niekerk, is ook in 1900 daar dood.
’n Bladsy van ’n briefie wat Chrissie geskryf het |
Chrissie se naam onder aan haar briefie |
Chrissie se kort lewensbeskrywing in CF Pohl se onlangs gepubliseerde geskiedenis en genealogie van die Pohl-familie bevat ’n aantal foto's van nostalgiese potloodsketsies wat sy in die kamp gemaak het van haar kleintyd op hulle familieplaas, asook ‘n bladsy van ’n briefie wat sy geskryf het en haar sterftekennisgewing.
Dit is al nalatenskap van Chrissie wat oorgebly het en maar kort gelede bekend gemaak is. Nie eers 'n foto van die begaafde kind kon tot dusver opgespoor word nie.
Chrissie se sterftekennisgewing sê sy was die geliefde dogter van S en I Pohl. Sy is op 28 September 1886 gebore en is op 24 Januarie 1902 oorlede
Nogtans is dié belangrike dokumente nie bloot patetiese getuienis van 'n lewe wat veels te vroeg tot 'n einde gekom het nie, maar bowenal van die onreg en gruwel wat daar plaasgevind het en haar dood veroorsaak het.
Selfs net 'n vlugtige kyk na die kamp se sterftelys behoort die mees siniese mens te ontstel, want wat opval is die massa kinders – en veral meisies – wat daar gesterf het.
|