Het jy gehoor? / Have you heard? - Jan 2008 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Tuesday, 22 January 2008 02:00
Untitled Document

’n Kranige en onbaatsugtige hoenderboer van Zwavelpoort kry mos oor die vakansietyd ’n oproep van sy benoude broer. “My bakkie staan hier in die laeveld. Olie net waar jy kyk. Kan jy asseblief help?” pleit benoude broer.En, onbaatsugtig soos hy nou eenmaal is, sit hoenderboer al die pad af laeveld toe. Daar gekom haak hy broer se bakkie, waarvan die olie inderdaad die wêreld vol is, en sleep hom al die pad terug Zwavelpoort toe - honderde kilometers ver.Hy sleep die bakkie toe sommer reguit na Nico mekêniek toe, wat toe gelukkig net terug is van vakansie af. Ons kranige hoenderboer was glo glad nie ingenome met sy broer nie toe Nico die enjinkap van die nuwe bakkie oopmaak en ewe droog sê:“Ja, die bakkie se lugversorgerpyp (dis ’n aircon, Harry) het gebreek. Sommer niks.”

xxx

’n Mens moet positief bly, sê Gert Mossie. Soos dit nou op die politieke slagveld van Suid Afrika gaan is dit bloot ’n geval van 90 persent van die politici wat die ander 10 persent ’n slegte naam gee. Ons hoor ’n sekere bekende in een van die plaaslike kuierplekke het as deel van sy Nuwejaarsvoorneme begin draf. Toe ou Gert Mossie dié brokkie nuus hoor was sy opmerking: “Hy gaan sukkel om die ys in sy glas te hou.”

xxx

Great bar jokes overheard in a Bronberg bar:
A set of jump leads walks into a bar. The bartender says, “I’ll serve you, but don’t start anything.”
A man walks into a bar with a slab of tar under his arm, and says: “A beer please, and one for the road.”
Two peanuts walk into a bar, and one was a salted.
A dyslexic man walks into a bra . . .

xxx

Ons hoor dat Eish!kom aanbeveel het by die regering dat die volkslied verander moet word. 'Nkosi Sikelele' is glo nie meer relevant nie. Hulle voorstel is dat dit moet wees: "Hello darkness my old friend . . ."

 

© 2024 Die/The Bronberger