Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) het die
Bronnie se toestemming gevra om die artikel
oor vlermuise in Augustus 2011 as voorgeskrewe leermateriaal vir hulle studente te gebruik.
~*~
Die grootste antieke- en versamelaarsveiling
wat Cullinan nog gesien het word op 9 Julie
by die historiese Cullinan Hotel, wat in 1905
gebou is, gehou. Die afslaers is Old Johannesburg
Warehouse en die veiling word aangebied deur Christiaan Scholtz, voormalige
Springbokrugbyspeler en eienaar van die
antiekwinkel, Die Ossewa, in Melville, Johannesburg. Maudie Smith is
besig om die hotel te restoureer en gaan ’n paar van die antieke meubelstukke
uit die hotel opveil. Die veiling behels ook stukke uit Christiaan se
private versameling; uit die boedel van antiek-guru Hannes Zaaiman; en
van Gerrit du Plessis, eienaar van Plaaswinkel in Pretoria, se versameling.
Mense wat spesiale stukke het wat hulle op die veiling wil sit kan foto’s na
Maudie stuur:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Belangstellendes kan die ware
reeds op 8 Julie by die hotel besigtig. Bel Maudie by 071-154-2401.
~*~
Speelgoedkas bied ‘Die Drie Varkies’ om 11 vm
op 1, 2 en 3 Julie by die Barnyard Teater se musiekskuur aan. Langs die gewilde restaurant,
Die Spek-Plek, bly drie klein varkies, Tjoppie,
Bacon en Spekkie. Mamma Speen wil graag hê
haar drie varkie-dogters moet uit die huis uit
trek en elkeen ’n varkie-man kry. Rolf die rowwe wolf hoor al die planne en vermom homself
as die varkie-mans. Toegang is R90. Die teater is op die hoek van Garstfonteinweg
en Netcarestraat, Moreletapark.
Skakel 012-368-1555.
~*~
Ons hoor dat akteur Heino Schmitt
toe nie by Cullinan Junction se potjiekoskompetisie gaan wees nie. Die
Vadersdag-potjiekoskompetisie op
Sondag 19 Junie word deur Martin
Jansen van Pretoria FM aangebied.
Die wenprys vir die beste potjie is
R1 000. Bel Kat by 084-579-1803.
~*~
Die Cullinan
Bewarea het
’n lesing gereël om die
Slag van
Donkerhoek,
11 tot 12 Junie 1900, te herdenk. Prof
Andre Buys bespreek op 25 Junie die
verloop van die geveg. Die lesing is
om 2 nm by aHa Idea Catalyst, naby
die Ou Bronkhorstspruitpad (R104)
en kos R100 vir nie-bewarealede, R75
vir bewarealede en R50 vir
hoërskoolkinders. Verversings gaan
bedien word. Bespreek voor 20 Junie
by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of
skakel 082-681-5122.
~*~
Die staatsveearts Pretoria
hou ’n
sensus om
te bepaal
hoeveel diere daar van elke spesie in die provinsie
is en om eienaar-besonderhede te
versamel. Indien daar ’n uitbraak van
’n siekte in jou gebied is, sal die databasis
jou as eienaar inlig van die uitbraak
en datums en plekname van
inentingspunte in jou gebied gee.
Die vorms wat voltooi moet word is
by voerwinkels soos Farmbarn, Feedzone
en Bronberg Voere beskikbaar.
~*~
Ons hoor dat padwerke by die aansluiting van die Boschkop-pad met
Lynnwoodweg-verlenging chaos veroorsaak het. Die padwerkers wat die
verkeer moes reguleer met die oop en
toemaak van die bane het glo nie
radio’s gehad om met mekaar in verbinding te tree nie en het vir mekaar
geskree en fluit. Enige ander fluit of
gil van vebygangers het verwarring
veroorsaak en ’n pad wat ontydig
oop of toe gemaak is.
~*~
Rayton en Cullinan se buurtwag samel water
in vir Kroonstad, waar die bejaardes glo nie
by die dam kan uitkom nie. Diegene wat nie
water het om by te dra nie, kan leë houers of
bottels gee vir die boorgatwater wat geskenk
word. Water en houers kan by GR Computers
oor kant Rayton Biltong en Braai afgelaai word.
~*~
Vincent, links, en Edwin, regs, van de Wiel met een
van Vriende van die Faerie Glen Natuurreservaat se
boomontwortelingsapparate. Hulle het besluit om
die uitroei van indringerplante deel van hulle weeklikse
oefenprogram te maak. Die vriende reël ’n indringerplant uitroeisessie op Sondag 10 Julie vanaf
8.30 vm. Bel vir Jaco Engelbrecht of Louise Kritzinger by 071-140-4412 of 072-275-0614 of stuur ’n e-pos na
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
Neil Somers kuier by die Weiveld in Zwavelpoort
vanaf 7 nm op 25 Junie. Neil is vir ’n Huisgenoot-
Tempo toekenning vir Beste Nuweling vir 2009
genomineer. Hy is ook by Rapport se Vonk-toe-kennings vir Beste Manlike Solo Kunstenaar
2009 genomineer. Kaartjies kos R50. Weiveld is
waar die Boschkop-pad by Lynnwoodweg-verlenging
aansluit. Skakel 071-471-6698.
~*~
Die Windpomp handwerkmark is elke laaste Saterdag van die maand van
8 vm tot 2 nm by Broodblik en Koffiepit op die R51-pad tussen Bapsfontein
en Petit. Bel Adele by 083-445-1608.
~*~
OAK Youth Theatre presents ‘Thumbelina’ at the Atterbury Theatre from
16 to 22 July at 3 pm. An all youth cast bring Hans Christian Andersen’s
classic tale to life as Thumbelina conquers the big world in search of true
love. Tickets for adults are R120, for children and pensioners R100, and
block bookings for 20 or more people are R90
per person. The theatre is at 4 Daventry Street,
Lynnwood. Book at
012-471-1700.
~*~
Die Silver Creek Mountain Band tree elke
Woensdagaand vanaf 7 uur by Monte
De Dios op plot 106 Achillesweg in Zwavelpoort op. Toegang is R70. Skakel
087-654-4458.
~*~
Die Cullinan Bewarea bied ’n skoolveldwagterskursus aan vir kinders wat in die natuur en
die bewaring daarvan belangstel. Leerders van
graad een tot graad 11 sal in graad-toepaslike
groepe op ’n prettige en ontspanne wyse opgelei word in die beginsels van biodiversiteit
en bewaring. Die kursus duur drie dae en
word van 14 tot 16 Julie aangebied vir al die grade en van 6 tot 8 Oktober
vir graad agt tot 11. Kontak Joan du Toit by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
Friends of the Faerie Glen Nature Reserve has
arranged a geology walk with prof Adam
Bumby on Saturday 23 July at 9 am. Meet on
the lawn in front of the entrance building and
take a hat and water. The cost is R50 for nonmembers.
Phone Jaco Engelbrecht or Louise
Kritzinger at 071-140-4412 or
072-275-0614
or send an e-mail to
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~
Francois van Coke tree op 15 Julie by Rafters oorkant Mooikloof op. Francois se vertoning begin
om
9 nm en word voorafgegaan deur Wit Kasteel
en Vintage Kings. Rafters is op die hoek van Blesbokstraat
en Garstfonteinweg-verlenging. Toegang
is R120. Bespreek by 082-600-3469.
|