Olivia skryf oor haar oorbruggingstyd in Frankryk PDF Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 18 June 2016 14:10
Untitled Document

Menige matriekleerling smag na ‘n oorbruggingsjaar in Frankryk. Olivia Loots het pas ‘n boek uitgegee oor haar agt maande propvol lewenservaring in dié land; ‘n reis van stad tot stad en gesin tot gesin waar sy die mense leer ken het en hulle geselskap, taal, kos en kuns geniet het.

In ‘ek. frankryk. 246 dae.’ vertel Olivia dié verhaal met dagboekinskrywings uit haar eie pen, foto’s deur haar eie lens en kleure geverf met haar eie kwas.


‘ek. frankryk. 246 dae’

Olivia, ’n derdejaar-student in visuele studies aan die Universiteit van Pretoria, het in 2012 aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool gematrikuleer. In haar hoërskoolloopbaan het sy die kans gehad om in madame Annemarie de Munnik se klas van "fromage" en "ma soeur" en "bleu-blanc-rouge" te leer.

Die bekoring van dié klanke het haar bygebly tot waar sy matriek onder leiding van madame Mientjie Carbonell geskryf het. Die toer na Parys en Normandië wat madame Carbonell in Olivia se laaste skooljaar gereël het, was net verdere aansporing om wéér terug te gaan.  


Olivia Loots

Die boek bevat wenke vir diegene wat ‘n soortgelyke ondervinding wil hê. Dit is relevant vir ouers en grootouers, soos Olivia se ouma, Olivia Steyn, ‘n vurige Bronberger-ondersteuner voorheen van Kleinfontein, wat wonder wat alles in so ‘n oorbruggingstydperk gebeur.

Die laaste hoofstuk, wat Olivia ’n maand na haar terugkeer geskryf het, is ’n brief aan
Frankryk, wat menige leser ’n laaste traan sal laat pink.

 

© 2019 Die/The Bronberger