Is dit moontlik vir perde wat
eens mishandel en verwaarloos
was om kinders te help? Wat
daarvan as die kinders, dalk om
dieselfde redes as die perde, uit
hul ouerhuise weggeneem is en in ’n kinderhuis geplaas is?
Dié soort wonderwerk gebeur
daagliks op ’n plot in Pienaarspoort. ’n Spesiale vrou met die
naam van Annemarie Towsen wou ’n plek skep waar “engele vermom
as eens verhongerde perde kan
uitreik na die harte en siele van
eens verhongerde en gebroke
kinders”.

Annemarie Towsen leer kinders ook hoe om perde te versorg
Annemarie en haar viervoetige reddingsgevalle
werk met kinders van
die Louis Botha tehuis. Sy het haar
in 2005 begin toewy aan perdrylesse
vir dié tehuis-kinders en kon
oor die jare sien hoeveel dit help. “Die perde kon baie meer met dié
kinders bereik as wat jare se individuele
psigologiese terapie kon,”
sê sy.
Selfs die sosiale werkers van die
Louis Botha tehuis stem saam.
Hulle verslae dui op ’n drastiese
positiewe verbetering in die emosionele
toestand van die kinders as ’n direkte gevolg van die perdrylesse.
Wat haar hartseer maak, sê
Annemarie, is dat daar nog soveel
meer kinders is wat perde in hulle
lewens nodig het. Daarom is sy
dringend op soek na borge om dié
kinders te help. Sy het sedert 2006
borgskap begin gekry vir twee leerlinge
vir weeklikse lesse. Die ‘Equestrian Training Institute’ borg
ook nou ’n leerling wat ná skool ’n
professionele perdry-instrukteur wil
word.
Die feit dat dié kinders werk met
perde wat reddingsgevalle was,
gee ’n spesiale dimensie aan dié
lesse. Die verhaal van die reddingsgevalle
is ’n storie van Annemarie
se liefde vir perde.

Uitrit by ’n poniekamp
in Pienaarspoort
Vossie
Annemarie het haar perdryskool,
Enduro, in 2001 begin met een
reddingsgeval genaamd Vossie. Sy
kon net op Saterdae lesse gee
omdat sy nog voltyds gewerk
het om geld te kry om meer
perde te probeer red.
Met elke Kersbonus van haar
werkgewer het sy ’n nuwe perd
gekoop – meestal reddingsgevalle
of perde wat verwaarloos is deur
hul vorige eienaars en by perdehandelaars
gelaat is waar Annemarie hulle in ’n baie slegte
kondisie gekry het. Sy sê dat niemand
die perde liefgehad het nie,
die meeste was depressief en verhonger
en baie het aan ernstige
trauma gely omdat hulle mishandel
is.
Met baie liefde en aandag, die regte
voerprogram en opleiding het
dié perde van die heel gelukkigste
perde in die ryskool geword. Twee
sulke gevalle is die sewe-jaar-oue Babika, ’n albino wat deur ’n
vriend van Annemarie by die slagpale
gered is. Vandag hou Babika
van haar eie ruimte en kla as ander
perde te na aan haar loop.
Die ses-jaar-oue Stella was ook ’n
reddingsgeval. Sy is blind in een
oog en het die bokant van een oor
verloor. Stella is vandag die trotse
ma van vulletjie Flicka.
 Annemarie werk met ?engele vermom as eens verhongerde perde?
Bou
So het die getal perde gegroei terwyl
Annemarie en haar man elke
naweek self die fisiese arbeid op
hulle plot gedoen het om die stalle
te bou en kampe vir die perde
voor te berei. Na ses jaar se harde
werk was daar 20 houtstalle, ’n
groot arena met afdelings vir
spring en ‘dressage’, ’n klubhuis
met vermaaklikheidsarea, dubbele
lanseerring, paadjies vir ritte in
Pienaarspoort se bosse en ’n
3,5 km baan vir die opleiding van
uithourit-perde.
Die perdryskool is
uiteindelik in 2006 geregistreer
met 80 leerlinge en 16 perde.
Annemarie het besluit om haar
lesse te laat fokus op ’n liefde vir
perde. Dit is hoekom sy haar leerlinge
ook leer hoe om perde te
voer, te versorg en met hulle te
kommunikeer. Die perde word so
natuurlik as moontlik aangehou en
het die vryheid om te wei, in plaas
van om onnatuurlik ingeperk te
wees.
Hulle gee Annemarie die kans om
haar droom te laat waarheid word
- om ’n bestaan te maak uit die
groot liefde in haar lewe. Sy ry al
26 jaar lank perd en was maar
14 jaar oud toe sy en ’n perd
genaamd Hitler ’n uithourit gewen
het. Sy ding steeds jaar na jaar
mee op haar perd, Jason.
. Deelnemers
aan die brulpaddaskou
Skou
Annemarie kombineer haar passie
vir perde met haar kreatiwiteit om
sodoende ander lewende wesens
ook te help red. Vroeër vanjaar het
Pienaarspoort en Donkerhoek
ploteienaars saamgespan om ’n
bewarea te stig vir die bedreigde
brulpaddas wat in die omgewing
voorkom.
Enduro ryskool het ’n skou gereël
om fondse in te samel vir dié bewarea
en 35 ruiters van Enduro het
deelgeneem aan die tema-skou.
Lesers wat wil help om ’n kind van
die Louis Botha tehuis te borg vir
perdrylesse by Annemarie, kan
haar kontak by 084-581-6233. |