Julie-jolyt samel geld in vir goeie doel Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 18 June 2016 16:07
Untitled Document

Die derde jaarlikse Jolly July word op Saterdag 9 Julie gehou om geld vir Epilepsie Suid-Afrika in te samel. Die pretdag en potjiekoskompetisie is van 9 vm tot 4 nm by Casa-lee Country Lodge op die ou Bronkhorstspruitpad en ’n deftige ete en dans word die aand voor die tyd gehou.


Dewald Wasserfall

Dewald Wasserfall sorg vir vermaak en plaaslike sanger, Logan Venter, gaan ook optree met liedjies soos ‘Rayton Sonsak’. Daar gaan ‘n pretdraf, kraampies, uitstalling van motorkarre en pret vir gesinne wees.


Kokke ding mee in ’n potjiekoskompetisie

Almal met ‘n passie vir kosmaak met ‘n tikkie pret kan vir die potjiekoskompetisie inskryf. Jy moet ‘n potjiekos hoofmaal vir 60 tot 80 mense maak. Vanjaar kry die publiek ook ‘n kans om vir die beste potjie te stem. Elke potmeester kan ‘n assistent hê en vanjaar se tema is ‘Die wêreld aan jou tafel’.


Epilepsie Suid-Afrika

Die potjiekos word teen R80 ‘n porsie, met bykosse, aan die publiek verkoop en alle fondse gaan aan Epilepsie Suid-Afrika.


Plaaslike sanger, Logan Venter, gaan ook optree met liedjies soos ‘Rayton Sonsak’

Vir meer inligting bel vir Kobus en Lynn Vermaak by 083-288-2032 of 012-940-8184 of stuur ‘n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

 

 

© 2020 Die/The Bronberger