Boet weer as mampoerkoning gekroon Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 18 June 2016 16:07
Untitled Document

‘n Beraamde 6 000 besoekers het die Mampoerfees by die Willem Prinsloo Landboumuseum op Saterdag 4 Junie bygewoon. Boet Schoeman is as mampoerstoker van die jaar aangewys. San Bronkhorst het die beste roomlikeur gemaak en Johan van der Watt is vir die vierde agtereenvolgende jaar as wenner van die beste tradisionele medisyne aangewys.


Die aartappelskil- en rissie-eetkompetisie was vol pret, erns en maagbrand
Foto: ATKV

Proe is waaroor dié fees gegaan het
Foto: Elsabé Maré
.

Besoekers het die fees met sy plaasatmosfeer, trekkers, hoenders, beeste, perdewaritte, brood uit die buite-oond, en pap en kaiings op Willem Wragtag se werf geniet. Daar was baie kraampies, aartappelskil- en rissie-eet pretkompetisies en aanhou proe van al die soorte mampoer en witblits.


Van links na regs: San Bronkhorst, wenner van die beste likeur; Thomas van der Watt het die trofee vir die beste tradisionele medisyne namens sy pa, Johan, ontvang; Boet Schoeman, mampoerstoker van die jaar; en Sakkie Kotze van die ATKV
Foto: ATKV


Jannu Maritz, Tiaan Kruger en Jean Britz geniet die mampoerlikeur
Foto: Elsabé Maré
.
.
.
.

.

Die musiek was deur Beeskraal en twee saagspelers van die ATKV, Herman Lamprecht en Rommel van der Riet, het wye belangstelling getrek. Hulle speel met sae wat by ‘n hardewarewinkel gekoop is maar nog net musieknote gesaag het.


Die veteraantrekker-optog kom die arena binne
Foto: Elsabé Maré

Peter Pontsteen staan by sy Deutz masjien
Foto: Elsabé Maré

 

 

© 2020 Die/The Bronberger