Tierpoort se Ruan is Pretoria se Mnr Matriek Print E-mail
News - Ons Mense
Saturday, 18 June 2016 16:00
Untitled Document

Tierpoorter Ruan van Zyl het met Pretoria se Mnr Matriek-titel weggestap.

Die Matric Experience modeparade en uitstallings is op die naweek van 14 en 15 Mei by Lombardy Hotel in Lynnwoodweg-verlenging gehou. Dié jaarlikse ekspo is gerig daarop om leerlinge in hulle finale jare op skool gereed te maak vir die matriekafskeid.

Daar is elke jaar ‘n groot aantal uitstallings wat strek van bekende mode-ontwerpers tot skoonheidsdeskundiges en grimeerkunstenaars. Leerlinge word ook aan tersiêre instansies en opsies vir ‘n oorbruggingsjaar bekendgestel.


Mej en Mnr Matriek, Reinette Potgieter van Hoërskool Menlopark en Ruan van Zyl van
Tyger Valley College

Praatjies is gelewer deur Ruan Wessels, hoofakteur in die ‘Jou Romeo’ fliek, Dries Scholtz, ‘n regisseur wat oor die filmbedryf  in Suid-Afrika gepraat het, Jaco Gerrits, ‘n top sosiale entrepreneur, Leon Haasbroek, direkteur van Consumer PR/Fashion Publist, en Moipone Masalesa, streekdirekteur van Unisa.

Ruan, ’n graad 12 leerling van Tyger Valley College, se twee naaswenners vir die Mnr Matriek-titel was Gideon van Zyl van Hoërskool Eldoraigne as eerste naaswenner en Pat Mulahudzi van Hoërskool Hendrik Verwoerd as tweede naaswenner.

Reinette Potgieter van Hoërskool Menlopark was die wenner van die Mej Matriek-titel. Die eerste naaswenner was Bianca Rautenbach van Hoërskool Monument en die tweede naaswenner was Jo-anne Pitout van Hoërskool Centurion.


Ruan saam met Mnr SA 2015 en 2016, Armand Du Plessis

Ruan het verlede jaar die Mnr Tyger Valley College-titel gewen. Hy was ook Mnr Makro Silver Lakes en Mnr Pre-Matriek in 2015.

Ruan is die kaptein van Tyger Valley College se eerste rugbyspan en het verlede jaar sesde plek in die wêreldkampioenskappe vir driekamp behaal. Hy was een van net vier juniors in Suid-Afrika wat Protea-kleure verwerf het.

 

 

© 2020 Die/The Bronberger